Beseerde Reho-burgemeester bly in sy pos
Marshallino Beukes - Die Rehoboth Independent Town Management Association (Ritma) het gesê hulle gaan nie hul raadslid en Rehoboth se huidige burgemeester, mnr. Enrico Junius, aan sy pos in die dorpsraad onttrek nie.
Dié verklaring volg op navrae rakende die voorval op 14 September 2022, toe Junius ernstige brandwonde opgedoen het in ‘n veldbrand suid van Rehoboth.
Volgens Ritma se bestuur is hy steeds in ‘n ernstige toestand in ‘n privaat hospitaal in Kaapstad.
Mnr. Quinton Diergaardt, wat op dié rampspoedige dag saam met Junius die brand bestry het, het brandwonde oor sy hele liggaam opgedoen en is later aan sy beserings dood. Junius het brandwonde oor 60% van sy liggaam opgedoen.
“Hierdie is ‘n baie somber tydstip vir Rehoboth en sy inwoners – veral die ondersteuners van die Rehoboth Independent Town Management Association, waarvan Junius die president is – aangesien ons die vorige president en Rehoboth-burgemeester, die wyle Rudi van Wyk, verloor het,” het die bestuur gesê.
Van Wyk is verlede jaar aan Covid-19 dood.
Gedurende 2020 se plaaslike owerheidsverkiesings het Ritma twee setels in Rehoboth se dorpsraad gewen en die vereniging beklee sedertdien die burgemeesterstoel. Volgens die bestuur het hulle die pad vorentoe oorweeg en met verskeie gesaghebbende rolspelers gekonsulteer voordat hulle besluit het om Junius nie as hul verteenwoordiger op die dorpsraad te onttrek nie.
“Met die dorpsraad se jaarlikse burgemeestersverkiesing wat in November voorlê, bly ons positief dat die uitslag voordelig vir ons dorp en sy mense sal wees,” het Ritma se woordvoerder, me. Louise Louw, gesê.
Die vereniging se bestuur het ‘n beroep op Rehoboth-inwoners gedoen om saam met die res van die land te bid dat die burgemeester spoedig en ten volle sal herstel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie