Besef die land dis ’n ramp?
Boere spuit ‘dag in, dag uit’ teen sprinkane
Sprinkaanswerms met tot soveel as 65 000 insekte in 'n swerm teister boere in die Suide.
Ronelle Rademeyer
“Ons is so oorweldig en verslae, dat ek nie meer woorde het nie.”
Só sê me. Esther van Zyl oor die sprinkaanramp wat boere van so ver suid as Ariamsvlei, Karasburg, Grünau, Noordoewer, Keetmanshoop en Tses, asook nou op plase by Bethanie, Gibeon en Maltahöhe teister.
“Besef die land en breë gemeenskap van Namibië die ramp?” wou ’n moedelose Van Zyl verlede week op Facebook weet. Hulle boer in die Swartrant-gebied naby Bethanie.
Mnr. Kobus van der Merwe, streeksverteenwoordiger vir ||Kharas op die uitvoerende raad van die Namibië Landbou-unie (NLU), sê hy is al 63 jaar op die plaas Blanksdam Grünau en “het nog nooit so iets beleef nie”.
“Jy spuit vandag en as jy môre daar kom, is daar net nog en nog en nog. . .”
Van der Merwe sê hulle het al die dooie sprinkane in ’n gemiddelde swerm in emmers opgetel en dit was 65 000.
“Daar is baie boere wat nie besef hoe erg dit is nie. Ek kan nie dit vir jou beskryf nie.
“En ek kan vir jou reguit sê, die staat het nie vir ons gif nie. Die staat is ontoereikend,” het hy gister aan Republikein gesê en bygevoeg boere koop hul eie gif. “Ons het ook skenkings van die NLU, Feedmasters en Kaap Agri gekry, maar dit was nie ’n honderdste van wat ons nodig het nie.”
Van Zyl sê boere spuit “dag in en dag uit”. “(Die) gif vir spuit is baie duur.” Volgens haar het amptenare van die ministerie van landbou, water en grondhervorming eers enkele dae gelede op plase in Swartrant-gebied besoek afgelê om hulle van die kritieke situasie te vergewis.
DROOGTE, VELDBRANDE, NOU DIT
“Namibië is eers deur ’n groot, baie erge droogte. Dit was ’n ramp.
Daarna was daar groot dele van die land wat deur veldbrande vernietig is. Dit was ’n ramp. Nou is dit net sprinkane!”
Volgens haar bel kommunale boere hul eweknieë op kommersiële plase en vra vir hulp.
“Boere koop op hulle koste gif en gebruik hulle brandstof en voertuie en toerusting om op die kommunale plase te spuit. Kommunale boere het (die sprinkane) aangemeld by Landbou, maar kry nie hulp.”
Sy sê ook die boodskap aan dié kommunale boere wat om hulp aanklop, is glo dat daar nie meer gif en toerusting is om hulle met bestryding te help nie.
Me. Elize Cilliers het in reaksie op Van Zyl se plasing gesê sy moet “pluimpies gee” vir die landbouvoorligtingspan in die Hardapstreek. “Fabian (mnr. Fabian Boys, ’n landboutegnikus van Maltahöhe) en sy span het ons mooi ondersteun en ons kon met hul hulp spuit, al moes ons die stukkende toerusting maak werk.
“Ek glo wel die staat is nie gereed vir hierdie plaag nie en ek het reeds voorgestel dat die weermag en helikopters ingespan sal moet word om hierdie plaag onder beheer te bring,” sê Cilliers.
1,2 MILJOEN HEKTAAR
Die ministerie het intussen Saterdag ’n verklaring oor die situasie uitgereik nadat Republikein reeds drie weke gelede navraag gedoen het oor die omvang van die uitbrekings en hoe die bestryding verloop.
Sprinkaanplae kom volgens me. Ndiyakupi Nghituwamata, waarnemende uitvoerende direkteur in die ministerie, oor ’n gebied van 1,2 miljoen hektaar (ha) in die ||Kharasstreek voor, en in die Hardapstreek is daar by Maltahöhe en Gibeon ook “oor ’n gebied van 300 ha” sprinkane gevind.
Volgens haar is hierdie die vierde uitbreking van bruin sprinkane in die ||Kharasstreek. Die sprinkane oor die gebied is in verskillende stadiums van ontwikkeling. Wanneer hulle volwassenheid bereik, kan die swerms tot 100 km per dag vlieg, maan sy.
Die ministerie sê spanne het tot nou toe 1,8 miljoen ha net in die ||Kharasstreek en 2 119 681 ha landwyd vir sprinkane gefynkam en uitbrekings is net tot dié twee suidelike streke beperk.
Bestryding met gif het reeds oor ’n gebied van 109 470 ha plaasgevind.
Nghituwamata sê 23 landboubeamptes is uit ander streke in die geraakte gebiede ontplooi om met die bestryding te help.
Sy sê die spanne begin om 03:00 gif spuit en dit duur tot 10:00, waarna hulle rondry en monitering doen.
“Wat plaagdoders betref, het ons tot dusver genoeg voorraad om hierdie uitbreking te beveg. Ons koop nie baie daarvan nie, maar genoeg om voorsiening te maak vir die uitbreking(s) gebaseer op ons bepalings op die grond,” het mnr. Jona Musheko, ’n woordvoerder in die ministerie verseker.
’n Veroep is op boere gedoen om nie hul plaashekke te sluit nie, sodat beamptes van die ministerie toegang tot plase kan kry vir bestryding.
Intussen het beide die ministerie en die Paaieowerheid (RA) padgebruikers in die Suide gewaarsku om versigtig te bestuur. Wanneer voertuie en vragmotors oor die swerms sprinkane ry wat op talle plekke op die teerpad sit, bly ’n vetterige laag op die teeroppervlak agter wat dit glad maak en tot ongelukke kan lei, maan die RA in ’n verklaring.
Drie mense het vroeg Vrydagaand gesterf toe ’n minibus sowat 30 km buite Keetmanshoop op die nou reeds berugte stuk van die B1 na Mariental, van die pad geloop en gerol het. (Sien die berig elders op die blad.)
Suiderlanders is versoek om uitbrekings by die volgende mense aan te meld:
• Me. Johanna Amakali in die Hardapstreek by 081 170 0103; en
• Mnr. Nelson Ngathizemo in die ||Kharastreek by 081 156 0544.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie