McDonald Hanse, die burgemeester van Keetmanshoop. Foto argief
McDonald Hanse, die burgemeester van Keetmanshoop. Foto argief

Blinker toekoms wink vir Suidedorp

Iréne-Mari van der Walt
Paaie op Keetmanshoop wat nie in stand gehou is nie, kan volgens die dorp se burgemeester, McDonald Hanse, iets van die verlede wees wanneer ’n huurkoopooreenkoms vir ’n padskraper onderteken word.

Hanse sê die dorp sukkel om by te hou om die paaie te skraap aangesien die vorige raad die dorp se enigste padskraper verkoop het.

“Dit is hoekom ons, as die (huidige) raad, die huurkoop van ’n padskraper goedgekeur het. Ons bestuur is in die proses om die verkryging te finaliseer,” het hy aan Republikein gesê.

Dit volg op klagtes deur inwoners dat die munisipaliteit se geld beter elders bestee kan word.

Hanse verduidelik ook dat die munisipaliteit se verkryging van ’n laaigraaf genoodsaak is deur die feit dat die munisipaliteit aansienlike kostes aangegaan het om gereeld dié tipe masjien te huur.

Gedienste erwe wat leeg staan, waaroor inwoners ook hul misnoeë uitgespreek het, is ook reeds volgens Hanse toegeken en inwoners sal voor die einde van die jaar die eiendom kan beset.

Inwoners beweer dat derduisende Namibiese dollars ook bestee is om hooggeplaaste amptenare in die Keetmanshoop-munisipaliteit na Suid-Afrika te stuur vir ’n bestuurskursus.

Hanse meen dié inwoners verkeer onder ’n wanindruk.

“Ek moet dit duidelik stel dat geen sodanige opleiding plaasgevind het nie. Gesprekke tussen die Mosselbaai-munisipaliteit en die Keetmanshoop-munisipaliteit fokus rondom ’n Memorandum van Verstandhouding wat daarop gemik is om kennis en hulpbronne te deel.

“Hierdie vennootskap poog om wedersydse groei en ontwikkeling te bevorder. Mosselbaai se voorbeeldige bestuur dien as ’n mikpunt vir ons en ons leer graag uit hul suksesse.

“As deel van die ooreenkoms het die Mosselbaai-munisipaliteit ruimhartig aangebied om ’n senior bestuurder te voorsien om ons by te staan ​​met die Innovasiesentrum-projek op Keetmanshoop, wat hul verbintenis tot ons munisipaliteit se vordering bewys,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!