Bome sneuwel om misdaad te bekamp
Verskeie bome word die afgelope twee weke in die Klein Windhoekrivier op die hoek van Schanzenweg en Nelson Mandela-rylaan asook oorkant die moskee in Nelson Mandela afgekap en gesnoei.
“Die munisipaliteit is besig met bosbeheermaatreëls oraloor die hoofstad as deel van sy oopruimte-bestuursprogram. Hierdie inisiatief behels die snoei en – in sommige gevalle – die verwydering van indringerspesies soos prosopis, bloekombome en wonderbome.
“Ons primêre doel is om sigbaarheid te verbeter en potensiële misdaadaktiwiteite in verskeie voorstede van Windhoek te bekamp,” het Stad Windhoek (CoW) in ’n verklaring gesê.
Volgens die woordvoerder van die Windhoekse stadspolisie, superintendent Marcelline Murapo, het hulle spesifiek die area oorkant die moskee in Nelson Mandela-rylaan geïdentifiseer.
“In die area is baie volwasse kinders – soos ons hulle noem – omdat hulle volwassenes is en nie straatkinders nie wat met misdaadaktiwiteite besig is.
“Hulle woon in die rivier en smous met dwelms. Hulle brou en verkoop tombo en hulle beskerm en help inbrekers om weg te kruip.”
Die stadspolisie verwyder die mense, maar hulle bly nie lank weg nie voordat hulle weer terugkeer en met hulle misdaadaktiwiteite voortgaan.
“Ons werk saam met die stad se parke-afdeling en slegs bome wat wettig afgekap mag word, is afgekap. Die res is slegs gesnoei om die gebied meer sigbaar te maak en hopelik op dié manier die misdaadaktiwiteite onder beheer te kry,” het sy gesê.
“Wees asseblief verseker dat die Stad verbind is tot die behoud van die omgewings- en ekologiese integriteit van ons oop ruimtes. Dit is ons kollektiewe verantwoordelikheid om ’n veilige en omgewingsvriendelike Windhoek te verseker,” lui die CoW se verklaring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie