IMG_8736 (002)
IMG_8736 (002)

Bou brûe teen siekte

Vandag word Wêreldkankerdag onder die tema “Maak die gaping van kankersorg kleiner” gevier. “Wanneer mense verenig, wanneer gemeenskappe saamtrek rondom die kwesbare en wanneer individue innoveer en oor grense heen saamwerk, is verandering binne bereik,” lui ’n verklaring wat die Kankervereniging van Nami­bië (CAN) uitgereik het. “Die kankersorggaping is nie onvermydelik nie. Ons stelsels kan herbedink word, ’n persoon se situasie kan verbeter, hul kennis oor kanker kan verbreed en hul toegang tot dienste kan makliker gemaak word. Laat ons op dié dag die sorg- en ondersteuningsgapings toemaak, sodat alle kankerpasiënte in Namibië beter toegang tot behandeling, ondersteuning en kankersorg sal hê.” Kanker sien nie kleur, ouderdom of geslag raak nie en voorkoming en gereelde ondersoeke is belangrik. CAN bied vandag by hul kantoor borsondersoeke en papsmere vir vroue aan en vir mans van 45-jarige ouderdom en ouer ’n PSA-toets en ondersoeke vir prostaatkanker. Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!