Die Windhoek-munisipaliteit sê meer as 99% van alle voorafbetaalde kragmeters is reeds opgedateer. Foto CoW
Die Windhoek-munisipaliteit sê meer as 99% van alle voorafbetaalde kragmeters is reeds opgedateer. Foto CoW

CoW seëvier met TID-aanpassings

Augetto Graig
Die Windhoek-munisipaliteit sê tot 99,68% van alle voorafbetaalde water- en kragmeters in die hoofstad is reeds aangepas.

Dit met die sperdatum van 23 November wat nader kruip, en die waarskuwing om die meters buite werking te stel.

Die hele land is sedert verlede jaar op die TID (token identifier)-?uitrolveldtog om meters op te dateer voordat voorafbetaalde dienste gesluit word, as gevolg van die beperking op die gebruik van die verouderde koeponstelsel (token system).

As voorafbetaalde kragmeters in ag geneem word, is altesaam 57 377 meters opgedateer, volgens die Windhoek-munisipaliteit, met slegs 184 meters wat nog omgeskakel moet word.

Dit dui op ’n sukseskoers van 99,68% teenoor 0,31% wat nog uitstaande is. Verder is 1 919 voorafbetaalde watermeters ook aangepas, met 136 wat nog uitstaande is.

Die munisipaliteit sê dat hy slegs van Syntell se dienste gebruik maak om voorafbetaalde dienste te lewer, en dat die enkelverkoperstelsel reeds op STS6-standaard is.

“Subverkopers het nie opdaterings nodig nie, aangesien hulle bloot koeponne uitreik wat deur Syntell se hoofverkoopstelsel gegenereer word,” het die munisipaliteit by navraag uitgebrei.

Die munisipaliteit ontken ook gerugte dat daar sagtewareprobleme is met die oorgang na die nuwe stelsel, en sê geen vertragings is ondervind nie, behalwe vir netwerkonderbrekings af en toe.

Slegs 73 meters moes heeltemal vervang word, want hulle was te oud om op te gradeer.

Verder is die hele veldtog intern deur munisipale werknemers voltooi, sonder enige eksterne kontrakteurs, spog die munisipaliteit.

Voorafbetaalde inkomste is baie belangrik vir die hoofstad, met sowat N$55 miljoen wat maandeliks, net vir kragtoevoer, so ingevorder word.

Vir die 2023-boekjaar vanaf 1 Julie 2023 tot 30 Junie 2024 het Windhoek meer as N$685 miljoen uit die verkoop van kragvoorsieningsdienste ingevorder.

“Munisipale amptenare het alle meteropdaterings hanteer.

“Terwyl sommige kliënte aanvanklik huiwerig was om ons toegang tot hul eiendomme te gee, was die bewusmaking oor die projek en die feit dat hulle die identiteit van die amptenare met die munisipaliteit kon bevestig, voordat hulle toegelaat was om onderskeie eiendomme te betree, deurslaggewend,” volgens die munisipaliteit.

Kliënte word aangemoedig om die toegewyde kantoor te kontak vir die opdatering van voorafbetaalde meters direk indien nodig. Die kantoor kan by 061 2902242 bereik word, terwyl die munisipale inbelsentrum ook behulpsaam kan wees. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 25° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 22° | 30° Oshakati: 22° | 27° Ruacana: 18° | 30° Tsumeb: 20° | 24° Otjiwarongo: 17° | 27° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 19° | 29° Henties Bay: 17° | 18° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 18° Mbabane: 19° | 21° Maseru: 17° | 26° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 18° | 20° Maputo: 24° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 17° | 21° Durban: 21° | 22° Johannesburg: 17° | 20° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 19° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!