UNHAPPY: Residents of Katutura’s John Pandeni Constituency are not happy with the City of Windhoek’s calculation of interest on overdue debt.
UNHAPPY: Residents of Katutura’s John Pandeni Constituency are not happy with the City of Windhoek’s calculation of interest on overdue debt.

CoW: Skuldinvordering jaag gemoedere op

Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage - Inwoners van die John Pandeni-kiesafdeling in Windhoek beoog om ’n versoekskrif aan president Hage Geingob te rig oor die Windhoekse munisipaliteit (CoW) se “weiering” om ’n oplossing te vind vir sy “twyfelagtige” skuldberekeningsmetodes.

“Negentig persent van die skuld het opgehoop weens die Stad Windhoek se agterbakse berekening van rente, onwettige elektrisiteit [ontkoppeling] oor [onbetaalde] waterrekeninge, skattingstelsel en gebrek aan meganismes om die situasie te verbeter.

“Die enigste ding wat hulle wil hê, is om inwoners in die skuld te hou en die laaste munte uit ons sakke te dwing,” het die aktivis Shaun Gariseb gesê.

“Dit grens aan sistematiese bedrog en ekonomiese onderdrukking van die inwoners,” het hy bygevoeg.

Volgens Gariseb is meer as 100 rekeninge wat van afgestorwe inwoners geërf is vir meer as agt jaar in skuld, terwyl rente op meer as 500 rekeninge die hoofskuld oorskry het en alle dienste opgeskort is.

Hy het bygevoeg 80% van die inwoners het betalings aan die munisipaliteit gemaak op rekeninge waar skuld afgeskryf moes word, volgens die CoW se eie beleid vir skuldbestuur.

OPSIES UITGEPUT

Die groep het gesê hulle sal dit ook oorweeg om ’n versoekskrif aan die hof te rig indien die CoW weier om hul lot aan te roer.

“Ons sal na die howe gaan, want ons het al ons opsies uitgeput,” het Gariseb gesê.

“Ons bly vol vertroue in ons meganisme wat ons voorgestel het en ons weet dit sal die probleem takel wat die CoW in die gesig staar.

“Ons het dit oor en oor [weer] gesê – ons wil nie vrystelling van ons verpligtinge hê nie, ons wil nie net afskrywings hê nie; ons wil hê dat meganismes geïmplementeer moet word wat ons almal sal pas en ’n wen-wen-situasie tot gevolg sal hê,” het hy bygevoeg. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!