NECESSARY: The City of Windhoek’s second highest ranking accountant says the costly City Police and bus making services are necessary for service delivery.
NECESSARY: The City of Windhoek’s second highest ranking accountant says the costly City Police and bus making services are necessary for service delivery.

CoW 'werk aan kommerwekkende geldsake’

Busdiens, stadspolisie táp stad se geldkas
Die Windhoek-munisipaliteit het 'n strategie om uit sy geldverknorsing te kom, maar die stad se boekhouer wil nie sê hoe nie.
Ogone Tlhage
Die Windhoek-munisipaliteit (CoW) se boekhouer sê die stad se busdiens- en polisie-afdeling, wat tans teen ’n verlies bedryf word, moet nie in isolasie gesien word nie, maar eerder as deel van sy algehele diensleweringsfunksies.

Mnr. Samuel Mutonga het dié opmerkings gemaak in reaksie op die munisipaliteit se geldsake wat volgens mnr. Jürgen Hecht, ’n raadslid van Independent Patriots for Change (IPC), in ‘n kommerwekkende toestand is. Volgens Mutonga sal die CoW se strategie oor hoe om sy finansiële probleme op te los, mettertyd aan stadsinwoners bekend gemaak word.

“Ons moet nie hierna as geïsoleerde gevalle kyk nie, maar as deel van algehele dienste wat aan inwoners gelewer word,” het Mutonga gesê.

Hy sê as een van die inisiatiewe vir die pad vorentoe, gaan die CoW daarop fokus om meer verantwoordelik met sy finansies te werk.

“Ons het te doen met werknemers wat permanente kontrakte met die raad het. Die opsies wat tans oorweeg word kan nie gedeel word nie, maar ons kyk na die finansiële stabiliteit van die stad,” het Mutonga gesê.

Tydens ‘n vergadering wat deur sy mederaadslid, me. Ndeshihafela Larandja, belê is, het Hecht die status van die stad se finansies onthul en gesê sy busdienste-afdeling het 'n verlies van N$70 miljoen gely terwyl die stadspolisie se begrote N$230 miljoen onbekostigbaar was.

VERLIESE

“Ons maak ‘n verlies van N$70 miljoen in ons busdienste-afdeling. Ons het tans 50 busbestuurders in diens wat almal sowat N$50 000 maandeliks, of N$600 000 per jaar, verdien. Slegs ’n sekere aantal van hierdie busbestuurders werk voltyds, want sowat 20 van hierdie 50 is op ’n gereedheidsgrondslag vir werk beskikbaar,” het hy gesê.

Die stadspolisie is nou ook onbekostigbaar, het Hecht gesê en beklemtoon dié afdeling moet met die Namibiese polisie (Nampol) herbelyn word.

“Die salarisse wat vir hierdie nuwe boekjaar vir die stadsplisie begroot is, is N$230 miljoen - 90% van sy hele kostestruktuur. Ons kan dit nie in ons huidige finansiële verknorsing bekostig nie.”

Die stadspolisie het tans 440 beamptes in diens, het Hecht gesê.

“Die feit is, van die stadspolisie en Nampol se dienste oorvleuel, en dit moet hersien word.”

Die stadspolisie se vredesbeamptes verdien ook twee keer soveel as hul eweknieë van soortgelyke rang in Nampol, het die raadslid gesê.

OORBETAALDE PERSONEEL

Hecht het ook tydens ’n mediakonferensie gesê na-aftrede gesondheidsorgvoorsiening kos die CoW – wat in nege jaar kumulatiewe verliese van N$3,2 miljard gely het – N$2,3 miljoen per maand. Die munisipaliteit dok dus jaarliks N$27 miljoen daarvoor op.

Hecht het die feit gekritiseer dat werknemers van die munisipaliteit 30% tot 40% bo die markkoers verdien. Die kumulatiewe verliese van N$3,2 miljard sou meer as 6 000 huise kon bou as elke eenheid gemiddeld N$500 000 sou kos, het Hecht, 'n rekenmeester, gesê.

Die munisipaliteit betaal van die hoogste salarisse in Windhoek – indien nie die hele Namibië nie – het Hecht gesê.

Volgens hom kon die munisipaliteit verskeie kapitaalprojekte voltooi het as hy nie hierdie astronomiese verliese gely oor ’n tydperk van nege jaar gely het nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!