DBV open nuwe tak op Hentiesbaai
Nuusredaksie – Daar is binnekort ’n oplossing vir die groot aantal rondloperdiere in Hentiesbaai met die Dierebeskermingsvereniging (DBV) wat ’n nuwe tak op dié kusdorp oopgemaak het.
“Hentiesbaai het baie rondloperhonde en vrylopende honde wat by huise woon waar die erf nie omhein is nie en hulle dwaal dan in die dorp rond. Wilde katte is ook ’n probleem.
“’n Groot deel van hierdie rondloperhonde is baie moeilik om te vang en kan ’n veiligheidsrisiko vir mense, ander diere en die verkeer inhou,” het die nuwe takbestuurder, Natasha Britz, gesê.
Britz meen hulle is gretig om diere in hierdie omgewing te help en sal ook enige bystand van die gemeenskap waardeer.
Die nasionale direkteur van die DBV, Hanna Rhodin, het gesê die nuwe tak – wat voorheen as ’n private organisasie, genaamd Angel Animals Home, bekend gestaan het – benodig bykomende ondersteuning en leiding om die mandaat in die dorp uit te voer.
“Sommige diere ly aan wanvoeding en eienaars sukkel om ’n voldoende dieet aan hul troeteldiere te voorsien. Ongelukkig is daar ’n groot probleem met bosluise en vlooie wat katte en honde op Hentiesbaai besmet,” het Britz gesê.
Sy het bygevoeg dat ongesteriliseerde diere voortgaan om aan te teel, wat verdere druk plaas op reeds skaars voedselbronne. Boonop kan baie troeteldiereienaars nie veeartsenykundige sorg en mediese behandeling vir hul troeteldiere bekostig nie.
Die DBV Hentiesbaai se diereskuiling kan tans sowat 20 honde en sowat 40 katte huisves. Dit is ook toegerus met stalle vir perde wat tans meer as 30 perde in privaat besit huisves.
“Die opbrengs uit die stalle gaan direk om die DBV se bedrywighede te finansier asook vir die versorging van die hawelose troeteldiere,” het sy verduidelik.
Tans is agt personeellede verantwoordelik vir die versorging van die katte, honde en perde.
“Nou kan die DBV Hentiesbaai amptelik met hul munisipaliteit saamwerk, eienaars bystaan wat nie hul troeteldiere kan aanhou nie, klagtes oor dieremishandeling ondersoek, aanneming van diere by die DBV aanbied en die beste doen wat hulle kan vir die diere in hul gemeenskap,” het Rhodin gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie