Dekades van stagnasie en groei (Deel 3)
In die vroeë 80’s woon die kunstenaars, Koos van Ellinckhuijzen (1942-2016), Christine Marais (1935-2012) en Peter Downing (1944-1988) in Swakopmund en begin lossies saam uitstal onder die titel “Swakopmund Trio”.
Hulle werk hoofsaaklik met waterverf en deel ook die leitmotief van die landskap. Die rede vir hul samekoms was nie groepvorming nie, maar eerder prakties en kommersieël.
Nie veel verkeerd hiermee nie, waar privaat inisiatief ontbreek moet kunstenaars hul hande vuilmaak met selfpromosie. Die groot sonde het elders gelê.
Die eerste tekens dat plaaslike kunstenaars moet staties bly watertrap en hulself heroriënteer, vind plaas toe die trio in Pretoria, Suid-Afrika, uitstal.
Nico Roos (1940-2008) is hul genooide openingspreker. Hy klim kaalvuis onder hul in en skud hul heilige torings. Sy beskuldiging was dat as leiersfigure, hulle nie dapper genoeg optree en nuwe tematiese saad saai nie. Die stormgolwe laat die Namibiese kunsgemeenskap vir dekades verbaas en verdeeld. Maar al was die vrugbare rivierbanke reg vir groepvorming, het die onverwagte afsterwe van Downing en Roos se kritiek enige sprake daarvan vernietig.
Die oorblywende Van Ellinckhuijzen en Marais bly hard roei met die landskap, maar elkeen hoor ’n ander roepstem na ’n eie eindpunt.
Van Ellinckhuijzen neem die Namibwoestynlandskap as verhoog en skep realistiese absurde konstruksies in knap waterverwe. Marais se fyn sketsvaardige tonele word geanker deur ligte kubistiese vlakke. Behalwe die landskap skilder sy historiese geboue en illustreer ook boeke. Downing het meestal delikate landskappe geproduseer.
NICO EN JOHN
John Ndevasia Muafangejo (1943-1987) is die eerste swart Namibiese kunstenaar wat internasionale erkenning vir sy kuns ontvang.
Sy roemryke sukses met linosnee-afdrukke skep ’n tsoenami waarmee baie hom probeer navolg, maar weinig hom kan ewenaar.
Hy en die uitgesproke Roos bring ’n opkikkering in die kunswêreld van die 80’s.
Muafangejo in medium en tema, Roos in ’n vars, byna nostalgiese, vertolking van die tradisionele landskaponderwerp.
Hulle kon nie meer verskil het in verwysingsveld, opleiding, medium, styl en hantering van tema nie. Wat hul wel onbetwisbaar deel is kunstenaarskap wat wyer as landsgrense uitgekring het.
Ten spyte van die kontrasterende elemente verbind John en Nico onbewustelik Noord- en Suid-Namibië met hul kuns.
In sy werk ontbloot Muafangejo openlik sy stamkultuur, erfenis, persoonlike ervarings en geesteswroegings. Sy navolgers faal omdat hul sy spontane humor en eerlike ontboesemings ondeurleef naboots.
Roos se komplekse abstrakte werke is geheuelandskappe waarin hy momente in die landskap so oortuigend ïsoleer en gestalte gee, die fragmente, alhoewel in tyd en plek geskei, kry ’n onmiddellike eie, helder bestaansreg.
Sy landskappe besit meer lewe as die gewilde realistiese Spitzkoppe-pogings van landskapskilders waar ’n filosofiese benadering ontbreek tussen die onderwerp en die interpretasie daarvan. Hy neem leiding en stuur die landskap in deurweekte kleur verby die norm van sy tyd.
Muafangejo is ooglopend meer sosiopolities in sy tematiese stof. Roos bring herlewing in ’n geykte onderwerp wat aan die stagneer was in oppervlakkige, onegte Jentsch-waterverf-namaaksels.
Plaaslik voed die verkope van populêre dierestudies en soet landskappe die kunstenaars en hou die pot aan die kook. Die populistiese kuns stel die konserwatiewe gemeenskap tevrede, maar die ou skip se hoofseil was aan flarde.
Muafangejo produseer sedert die 70’s linosnee-afdrukke wat hoofsaaklik die mens en elemente van die landskap uitbeeld. Vir hom was die interaksies van mense belangrik, veral uit sy pastorale verwysingsraamwerk en domineer die menslike vorm die ruimtes in sy afdrukke. Die landskap-areas word mettertyd al hoe minder en word deur die invoeging van groter ruimtes met narratiewe paragrawe vervang.
Sy vertolking van die mens as leitmotief neem hom op ’n vaart na ’n ander bestemming. Ironies vertoon “Swakopmund”, een van sy laaste afdrukke, geen mensfigure nie, en is ’n ekspressiewe, onbewoonde dorpstoneel wat net uit abstrakte vlakke bestaan en hom kortliks plaas in die vaarwaters van Roos.
Lees in Deel 4 wie die brawe, nuwe groep was wat eindelik die konvensionele tempelpilare stewig beetkry en omruk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie