Die Taal is nie dood nie
Is dit tyd vir ’n Genootskap vir nie-rassige Afrikaanssprekendes?
Enkele dae voor die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners herdenk word, stel Heindrich Wyngaard 'n nuwe soort Genootskap van Afrikaanssprekendes voor.
In die oorsprongverhaal van die Genootskap van Regte Afrikaners, wat op 14 Augustus 1875 in die lewe geroep is, word Afrikaners in ? drietal kategorieë opgedeel. Die eerste twee, soos Jana Terblanche van Solidariteit se Skole-ondersteuningsentrum (SOS) dit vertel, was dié met “Hollandse harte” en dié met “Engelse harte”.
Maar dit was die derde groep wat die GRA by hul werksaamhede wou betrek, naamlik die “regte Afrikaners” met “Afrikaanse harte”. Nie Afrikaners “wat nog vasklou aan hul Hollandse verlede en die moederland in Europa” nie, skryf Terblanche op SOS se webwerf; en nog minder diegene, “wat die taal en kultuur van die Engelse” aanvaar het.
Wat die GRA-stigters as hul hoofdoelwit beskou het, was om die Afrikaanse taal en (Afrikaner?) kultuur te ondersteun en bevorder. Die historiese verloop sedertdien is alombekend: Uniewording in 1910 en Republiekwording in 1961 het wit landsburgers se politieke en kulturele of -taalregte vooropgestel; swart en bruin is in geheel uitgesluit of beperkte deelname gegun.
Slegs maar in 1994 met die aanbreek van ’n nie-rassige demokrasie het politieke, maatskaplike en ekonomiese regstelling vir bruin en swart begin posvat. Terwyl Afrikaners ingevolge die Grondwet ook van volledige burgerskap verseker kon wees, sou Afrikaans ook as ’n amptelike taal bly voortbestaan. Om die taal se “Suid-Afrikanerskap” te bevestig, het oudpres. Nelson Mandela die geliefde digter Ingrid Jonker se gedig “Die kind” in sy eerste staatsrede in Mei 1994 aangehaal.
Die eeufeesviering van Afrikaans se amptelike status, erkenning wat die taal in 1925 die eerste keer te beurt geval het, word volgende jaar op 8 Mei gevier – ‘n teken dat “die Taal” nie dood is nie, maar ‘n viering waarvan die meriete vanaf die bekendmaking van die Afrikaans 100-veldtog in Mei verlede jaar kliphard gedebatteer word.
Teen die agtergrond hiervan, lê sterk menings oor die rol en nalatenskap van juis die GRA-totstandkoming, hierdie tyd volgende jaar presies ’n anderhalf eeu gelede. Onder meer word geargumenteer dat dit histories onakkuraat is om Afrikaans se ontstaan aan die GRA of amptelike status in 1925 te koppel, terwyl die taal se ontwikkeling na 1595 terugdateer.
Oor hoe die taal en sy sprekers egter gekom het waar dit vandag is – grondpad én teerpad langs, afdraaie én slaggate, ophef én afskeep – kan terugwerkend niks gedoen word nie. Om dus aan te hou daarmee, soos wat kritici doen, om Afrikaans se verlede in sy gesig te gooi, het geen sin nie. Eweneens sal ’n geteem oor wat nie-Afrikaanssprekendes beskou as die einde van ’n bevoorregte posisie, ons weinig baat as dit nie saamgaan met aksies om Afrikaanssprekendheid te herverbeel nie.
“Slotreëls is altyd sleutels meer as slotte,” herinner prof. Jakes Gerwel ons in 2004 in die Universiteit van die Vrystaat se D.F. Malherbe-gedenklesing aan N.P. van Wyk Louw se filosofiese woorde. Wat vir sommige dus na die “einde van Afrikaans” op samelewingsgebiede beskou word, kan nuwe slotte oopsluit. Of soos Flip Buys, ’n hedendaagse denker, ons gereeld herinner, is dit tevergeefs om vir ’n beter verlede te veg. Net ’n beter toekoms is haalbaar.
Buys het sover terug as 2005 in Rapport voorbrand gemaak vir die ontwikkeling van ’n “gemeenskaplike Afrikaanse agenda”. Die voorgestelde “koördinerende forum” wat die proses moes dryf, moes dan onder meer interaksie met “die breër Afrikanergemeenskap” hanteer. ‘n Mens het gehoop – en hoop steeds – dat hy daarmee bedoel het “die breër Afrikaanse gemeenskap”, soos wat Tim du Plessis, destydse redakteur, op ’n keer verwys het na “een Afrikaanse gemeenskap en dié het geen kleur nie”. Die digter Adam Small het self ’n groepnaam vir Afrikaans se “versamelvoëls” geskep, synde “Afrikaanses”.
In die aanloop tot volgende jaar se viering van Afrikaans se amptelike status – en ook, hoewel dalk minder jubelend of blatant afjakkend, die 150ste bestaansherdenking van die GRA – hou Gerwel se aanslag en advies in sy genoemde lesing ’n les vir vandag se Afrikaanssprekendes in.
Hier is die aanslag: Soveel as wat hy “die beeld van gekleurdes” in Malherbe se romans (krities) as “patroniserend” en “te kortskietende wesens” geag het, het dit hom nie gekeer om tegelyktertyd ’n bepaalde (komplimenterende) opmerking te maak nie.
“[D]ie verbeelding daarvan is intiem in die saamstel van sinne en paragrawe, die interaksie tussen karakters, en veral die samespel tussen karakters en agtergrond geweef,” het hy gesê. Dit het die bestudering van Malherbe se werk vir hom ? “beroepshoogtepunt” gemaak.
Die advies wat sy lesing bied, het te doen met “hoe, tot watter mate en om watter redes Afrikaans of, presieser, ? leefruimte waarin Afrikaans belangrik en van belang is, in die veranderde en veranderende omstandighede van ons land en wêreld sal bly voortbestaan en groei”. ? Belangrike eerste oorweging sou vir Gerwel die noodsaaklikheid daarvan wees dat Afrikaanssprekendheid “die inhoud van sy ‘ons’ radikaal moet herdefinieër om insluitend in sy breedste sin te wees”. Van Wyk Louw was nie onbewus van die beperktheid van sy eie gebruik van “ons” nie, maar dit is gereeld nog ’n verskynsel by sommige van ons oor Afrikaanssprekendes “om wie se onthalwe en met wie [ons] dikwels praat”.
Ons moet dalk ook die gewoonte aanleer om Gerwel na te praat in sy (unieke?) betoog vir die volgehoue groei en lewenskragtigheid van Afrikaans as ? “uiters belangrike komponent in die stukrag agter veeltaligheid”: “Misluk Afrikaans en gaan die taal agteruit, word die taaldimensie van sosiale verskeidenheid ernstig ondermyn,” verduidelik hy, “en terugskram oor enige aspek van ons diversiteitstrewe is ongesond vir die soort demokrasie en samelewing wat ons hier probeer vestig.”
– Heindrich Wyngaard is uitvoerende voorsitter van Kaapse Forum en dien as ’n lid van die Afrikaans 100-oorsigkomitee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie