TER ILLUSTRASIE FOTO ARGIEF
TER ILLUSTRASIE FOTO ARGIEF

Drinkwater

Augetto Graig
Inwoners van Tsumeb word aangeraai om enige water te kook voor hulle dit drink. Die water kan ook in deursigtige houers in die son gelaat word.

Die burgemeester van die dorp, Victoria Kapenda, het gesê die munisipaliteit sal nader aan die einde van die maand meer inligting oor die watersituasie kan verskaf.

Sy het gister aan hoëvlak-samesprekings in die hoofstad deelgeneem om onder meer die waterkwessie met verteenwoordigers van die ministerie van landbou, water en grondhervorming asook NamWater te bespreek.

Die ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, het bevestig die ministerie is bewus van die kwessie. NamWater het teen druktyd nie op vrae gereageer nie.

Dit volg ná Dundee Precious Metals (DPM) verlede week Woensdag aangekondig het dat hy stappe doen om maagkwale wat sy werknemers en inwoners van Tsumeb ervaar, te ondersoek.

Volgens die maatskappy se woordvoerder, Alina Garises, het sekere werknemers rondom middel Augustus simptome van naarheid en braking aangemeld, vermoedelik as gevolg van ’n probleem met die dorp se drinkwater.

In Desember verlede jaar is ’n soortgelyke voorval by Dundee aangemeld, toe die gehalte van drinkwater nie aan sekere spesifikasies voldoen het nie.

“Die beheerliggaam wat verantwoordelik is vir Tsumeb se drinkwater is onmiddellik ingelig en die maatskappy het begin om op die perseel drinkwater aan ons werknemers te voorsien,” het Garises uitgebrei.

Sy sê die jongste voorval is vermoedelik meegebring deur swak beheer van die mikrobiologiese gehalte van die water wat die maatskappy sedertdien aan sy werknemers op die perseel voorsien. “Die hantering van ons waterhouers op die perseel is swak bestuur, wat daartoe gelei het dat die gehalte van ons water nie aan die mikrobiologiese vereistes voldoen het nie,” sê Garises.

Die betrokke werknemers het glo behandeling ontvang by die kliniek op die perseel, asook by die plaaslike gesondheidsorgfasiliteite op Tsumeb, en het ten volle herstel. “Die situasie is onder beheer en geen nuwe gevalle is sedert 23 Augustus aangemeld nie,” sê Garises. Verder is Dundee besig om ’n reservoir-watertenk te bou om watervoorraad vanaf ’n bron waar spesifieke beheermaatreëls toegepas word, aan werknemers te bied en te verseker hulle drinkwater is veilig, sê sy.

Werknemers en diensverskaffers word ook bewus gemaak van die belangrikheid om hande te was, veilige kookpraktyke en vroeë behandeling as hulle siek voel, voeg sy by.

Dundee ondersoek steeds die voorvalle en het vasgestel dit was nie tot die smeltingsperseel beperk nie.

“Die plaaslike private hospitaal het altesaam 25 pasiënte met soortgelyke simptome behandel, van wie vyf Dundee-werknemers was. Die staatshospitaal het 23 DPM Tsumeb-werknemers en vyf pasiënte van ander dele van Tsumeb behandel,” sê Garises. Die staatshospitaal het glo geen verdere gevalle wat by Dundee ontstaan het sedert 19 Augustus vanjaar aangemeld nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!