Duitsland skaar hom agter Israel
Reeds 100 dae van konflik
President Hage Geingob se kantoor het Saterdag 'n verklaring uitgereik wat Duitsland oor sy besluit veroordeel.
Vandag merk 100 dae van Israel se voortslepende verwoesting in Palestina.
Namibië het verlede week gesê hy ondersteun Suid-Afrika se dringende aansoek voor die Internasionale Geregshof (Wêreldhof) in Den Haag, Nederland.
Suid-Afrika meen Israel het die Konvensie op Volkmoord van 1948 oortree en wil hê die hof moet tydelike maatreëls aankondig wat Israel onder meer verplig om sy aanvalle in Gasa te staak.
Duitsland het hom intussen agter Israel geskaar.
Die kantoor van president Hage Geingob het Saterdag ’n verklaring uitgereik wat Duitsland oor sy besluit veroordeel het.
Teen gister is die verklaring reeds meer as 71 000 op X (voorheen Twitter) gedeel en meer as 137 000 het daarvan gehou.
Duitsland se bydrae tot die verhoor in Den Haag is Vrydag gelewer, presies 100 jaar ná Duitsland die eerste amptelik erkende volksmoord van die 20ste eeu in 1904 op Namibiese grond begin het.
Geingob sê dit is skokkend dat Duitsland nie uit sy gru-geskiedenis kan leer nie.
Ná meer as 23 000 Palestyne in Gasa vermoor is en verskeie Verenigde Nasies-verslae van die interne verplasing van tot 85% van Gasa se burgerlikes, en “te midde van akute voedseltekorte en noodsaaklike dienste, het die Duitse regering gekies om in die Wêreldhof die volksmoorde en grudade van die Israelse regering te verdedig,” skryf Geingob.
“Duitsland kan nie morele toewyding aan die Verenigde Nasies se Konvensie op Volksmoord uitspreek nie, insluitend versoening vir die volksmoord in Namibië, terwyl hy die ekwivalent van ’n slagting en volksmoord in Gasa ondersteun nie,” volgens die staatshoof.
Hy het sy boodskap van 31 Desember 2023 herhaal: “Geen vredeliewende mens kan die bloedbad ignoreer wat teen Palestyne in Gasa gevoer word nie,” en vra dat Duitsland sy standpunt heroorweeg.
Namibië se presidentsvrou, Monica Geingos, het intussen ook op X bygevoeg: “Die opbou tot die Herero-Nama-volksmoord in Namibië, wat deur Duitsland gepleeg is, het op 12 Januarie 1904 begin. Die belaglikheid dat Duitsland op 12 Januarie 2024 die aanklagte van volksmoord teen Israel verwerp en waarsku oor die “politieke instrumentalisering van die aanklag” is nie verlore op ons nie,” skryf sy.
Ook Inna Hengari, ’n opposisie-parlementslid, het op sosiale media gesê: “Die parallelle tussen die taktiek wat Duitsland in die Herero- en Nama-volksmoord van 1904-1908 en die Holocaust gebruik het, is opvallend.
“Ons historiese ervaring voeg ’n unieke dimensie by tot ons perspektief op globale konflikte.”
Sy vra: “Hoe kan ons die blywende impak van Duitsland se gruweldade op die Nama en OvaHerero miskyk, gegewe die voortslepende oorblyfsels van daardie volksmoord? Namibië se standpunt oor die Israelse en Palestynse konflik spruit uit sy historiese konteks,” voeg sy by.
Suid-Afrika vra die Wêreldhof om Israel te dwing om militêre optrede in Gasa te staak, om volksmoord in Gasa te verhoed, en om toegang tot kos en water, brandstof, behuising, klere, sanitasie, medisyne en mediese sorg vir inwoners van Gasa toe te laat.
Verder moet Israel nie die bewyse van volksmoord vernietig nie en saamwerk met die vasstelling van feite en die vervolging van ondersteuners en uitvoerders van volksmoord in Gasa.
Israel vra die hof om Suid-Afrika se versoek te verwerp en die saak van die hofrol te skrap.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie