Eerste brandweerstasie op Rehoboth geopen
Tuyeimo Haidula - Die Rehoboth-dorpsraad het Maandag sy eerste brandweerstasie geopen.
Erastus Uutoni, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, het die verrigtinge gelei.
Uutoni het gesê gedurende die 2016–’17-boekjaar het die ministerie ongeveer N$3,5 miljoen aan Rehoboth bewillig vir die bou van ’n brandweerstasie.
Hy het gesê plaaslike owerhede het, met toesig en finansiële ondersteuning van die regering, ’n wetlike plig om munisipale nooddienste, insluitend brandweerdienste, te verskaf om die welstand van inwoners en hul eiendomme te verbeter en te beskerm.
“Tot op hede het altesaam 56 plaaslike owerhede by die ondersteunings- en kapasiteitsontwikkelingsprogram baat gevind, en die regering het – deur die betrokke ministerie – meer as N$114 miljoen bestee, spesifiek vir die bou van brandweerstasies,” het Uutoni gesê.
BESKERM EN DIEN
Hy het gesê plaaslike owerhede het ’n wetlike mandaat om te verseker dat brandweerstasies en brandbestrydingstoerusting behoorlik onderhou word en dat brandbestrydingspersoneel oor die nodige vaardighede beskik om hul werk uit te voer.
Uutoni het ’n beroep op plaaslike owerhede gedoen om in die opleiding van hul personeel te belê om te verseker dat daar kapasiteit is om op brandnoodgevalle te reageer.
“Gevolglik doen ek ’n beroep op plaaslike owerhede om na hul brandbestrydingsvoertuie en -toerusting om te sien. Hulle moet ophou om sulke voertuie vir ander doeleindes te gebruik, soos om mense te vervoer, en nie toelaat dat die noodvoertuie deur onopgeleide amptenare bestuur word nie,” het hy beklemtoon.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie