Eerste Women’s Game Jam vir Namibië

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Hou jy van speletjies en wil jy jou eie skep of ’n nuwe weergawe van jou gunsteling ontwikkel, is dit nou jou kans!

Namibië maak vandeesmaand sy buiging as een van 16 lande op die globale verhoog vir die ontwikkeling van speletjies wanneer die eerste Women’s Game Jam (WGJ) vir die eerste keer hier aangebied word.

WGJ is ’n wêreldwye marathon waartydens deelnemers uitgedaag word om ’n speletjie binne 48 uur te ontwerp en te skep.

Die Namibiese “jam” vind dieselfde tyd as diè in 15 lande buiten Afrika, ook in Europa en Latyns-Amerika plaas en is geaffilieer met die wêreldwye Women’s Game Jam-inisiatief.

Die organiseerder Ndamono Shikoyeni verduidelik dat deelnemers tydens die internasionale marathon die opdrag kry om ’n digitale of analoogspeletjie te beplan en te skep gebaseer op ’n tema wat aan die begin van die “jam” onthul word.

“Speletjies kan wissel van video- tot kaart- of papierspeletjies. Deelnemers kan aan voltooide speletjies of prototipes werk,” sê Ndamono.

Women’s Game Jam is gebaseer op die bevordering van tegnologie, wat natuurlik kreatiwiteit insluit.

“Die doel is om ’n gevoel van ‘behoort’ vir vroue in die plaaslike ontwikkelingsgemeenskap vir speletjies te bevorder. Ook om sigbaarheid te verhoog en aansporings te bied aan vroue wat in ’n loopbaan in die speletjiebedryf belangstel,” sê Ndamono.

Natuurlik wil die plaaslike WGJ ook ’n positiewe en gasvrye omgewing skep waar vrouespeletjie-entoesiaste, beide beginners en die wat meer ervare in die bedryf is, die geleentheid kry om ervarings uit te ruil en van mekaar te kan leer.

As jy ’n vrou van 18 jaar en ouer is en jy is mal oor en stel belang in nuwe tegnologieë en alles kreatief, pas jy in die deelnemersboksie vir Namibië se heel eerste WGJ. Jy het nie vorige speletjie-ervaring nodig om deel te neem nie, maar jy kan teen die laaste op 5 Augustus inskryf.

Die WGJ vind vanaf 9 tot 11 Augustus plaas, met deelnemers wat op die eerste dag byeenkom vir ’n verwelkomingsessie met ’n internasionale hoofspreker.

“Die tema vir die ‘jam’ word ook dan onthul. Deelnemers, hetsy in-persoon of aanlyn, vorm spanne en die ontwikkelingsreis van 48 uur begin.

Volgens Ndamono, wat ook die medestigter van EduGame Namibia is, is dit vir plaaslike deelnemers ’n unieke geleentheid om by ’n wêreldwye gemeenskap betrokke te raak en boonop ’n bydrae tot die gemeenskap van die ontwikkeling van speletjies te maak.

Die eerste uitgawe van WGJ is in 2018 gehou en sedertdien was 4 040 deelnemers wêreldwyd deel daarvan. Sedert die eerste uitgawe is 576 speletjies wêreldwyd geskep.

As jy meer wil weet, stuur ’n e-pos na [email protected].

“Ontmoet medespeletjie-entoesiaste, leer, werk saam en geniet dit. Kom ons maak geskiedenis by Namibië se eerste WGJ.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!