Egpaar verloor beide kinders binne een maand

Seun sterf in ongeluk, dogter aan kanker
'n Windhoekse egpaar is kinderloos nadat hulle die afgelope maand hul dogter aan die dood afgestaan het en hul seun Dinsdag buite Rehoboth verongeluk het.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer

’n Jong man van Windhoek is laat Dinsdagmiddag saam met ’n vriend en kollega in ’n tromp­opbotsing sowat 30 km noord van Rehoboth dood toe ’n hystoestel wat hulle gesleep het, vermoedelik onstabiel geraak en hom beheer oor die dubbelkajuitbakkie laat verloor het.

Die bakkie het na regs geswenk en ’n aankomende vragmotor van voor getref, blyk uit inligting wat vanaf die ongelukstoneel gedeel is.

Die 27-jarige mnr. Cornelius (Corné) Gouws se oom, mnr. Eric Anderson, het die tragiese gebeure gister aan ­Republikein bevestig.

Die naam van die man wat saam met Gouws in die bakkie was, is nog nie bekend gemaak nie.

Anderson sê sy niggie, me. Getrude Gouws en haar man, Neels, het minder as ’n maand gelede hul dogter, Stephanie (30), aan kanker verloor.

“Dit is ’n harde slag vir ons familie,” sê hy. “Corné en Stephanie was hul enigste kinders.”

Hy sê sy swaer is ’n motorwerktuigkundige en bedryf ’n onderneming by Brakwater wat sodanige dienste verrig.

“Corné het die laaste maand die dinge vasgevat by die werk ­aangesien sy ouers baie sukkel om sy suster se dood te verwerk,” vertel hy.

Mnr. Enrico Junius, burgemeester van Rehoboth, het gister by navraag vertel Mariental het sy ­kersieplukker (‘n hystoestel) aan Rehoboth se dorpsraad geleen om aandag te gee aan die groot aantal straatligte wat nie werk nie.

“Ons het ’n burgemeestersforum in die Suide en die onderskeie dorpe staan mekaar by. So het ­Mariental sy kersieplukker vir ons geleen omdat ons ’n agterstand beleef met die herstel van straatligte wat stukkend is.

“Dinsdagoggend wou die pote (van dié toestel) nie intrek nie en ons het met ’n diensverskaffer in Windhoek gereël om dit te kom haal en reg te maak,” sê Junius met verwysing na die Gouws-familie se onderneming.

Hy het gister namens die dorpsraad sy innige simpatie met die families en geliefdes van die oorledenes betuig.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!