Property raffle
Property raffle

Eiendomslotery glo onwettig

Yandi Du Plessis
Ellanie Smit - Die Namibiese loteryraad het die publiek gewaarsku dat die multimiljoendollar aanlyn gelukstrekking van eiendomme – ook bekend as die Namibia Property Raffle Project – nie goedgekeur is nie en as ’n onwettige lotery beskou word.

Die raad het kommer uitgespreek met betrekking tot die publiek se voortdurende navrae oor hierdie lotery.

Die voorsitter van die loteryraad, Michael Mutonga, het gesê die raad het ’n aansoek ontvang om ’n lottery te hou onder afdeling 7 (56 tot 66) van die Loterywet, wat verwys na liefdadigheidsloterye.

“Ingevolge sy opdrag en mandaat onder die Loterywet, het die raad op sy gewone vergadering op 18 Augustus 2022 die aansoek beoordeel en dit uiteindelik geweier aangesien dit nie aan die vereistes van die bepalings van artikels 56 tot 66 voldoen nie.”

Matonga het gesê die aansoeker is dienooreenkomstig van die raad se besluit ingelig.

Hy het gesê dat die raad sy reg volgens die wet voorbehou en tans besig is om die nodige maatreëls te tref en die publiek dienooreenkomstig in te lig.

“Die raad doen ’n dringende beroep op die publiek om aan die bepalings van die wet te voldoen in die uitvoering van bedrywighede wat verband hou met loterye, promosiekompetisies sowel as liefdadigheidsaktiwiteite om oortreding van die wet te vermy.”

Die sakeman Basil Smit het onlangs Namibië se eerste aanlyn gelukstrekking van eiendomme op die been gebring.

Amani Lodge – ’n klein wildplaas aan die buitewyke van Windhoek wat net meer as 35 hektaar beslaan, insluitend wild en infrastruktuur ter waarde van N$17 miljoen – sal die eerste prys wees.

Die tweede prys is die Burg’s View Boutique Hotel wat in Windhoek geleë is en ’n waarde van N$12 miljoen het.

Kaartjies word op die loterywebwerf teen N$150 verkoop.

“Besit ’n stukkie van Namibië. Skryf in vir die gelukstrekking en staan ’n kans om een van twee prominente Namibiese eiendomme te wen. Hoe meer lootjies jy koop, hoe groter is jou kans om te wen!” lui ’n inskrywing op dié webwerf.

Die loteryraad is gestig ingevolge artikel 3 van die Loterywet.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!