317884
317884

Ek sê maar net

Kersvader Kaskenades Charlotte Beukes-Muundjua [email protected] Charlotte Sê MAAR NET My minse! Ek het stories gehoor so in die taxi- en Shoprite-lyne. Dinge is rof en onbeskof so knap voor



Krismis. En dis niks te make met pa’s wat met bonusgeld gegly het nie, nee, dis oor Santa Claus.



Die gespierde hunk wat afgevaardig was vir die mooie Kaapstad, arriveer glo met ’n ox blood Harley



Davidson van wil laat sien (off show). Ek reken dis heel gepas vir die gesogte vakansieoord vir dié wat nie Thailand kan bekostig nie. ’n Regte pierrewaaier wat sy tande geslyp het vir die mooi Cape ­M­­alay-girls. Sy tydsberekening was swak - hy beland in ’n hengse kragonderbreking in die Southern Suburbs en ry hom poer in sy moer teen ’n nagklub. Sy liggaam word uitgevlieg. Die ‘wakker akkers’ van die Kaapse Vlakte stroop sy motorfiets vir dwelmgeld. Die straat se mense raap geskenke op nog voor die polisie op die toneel verskyn.



Santa Claus vir Namibië het ook besluit om vroeër te kom om die mooi woestynland te verken. Sy trip is deur die Suide, want hy het gehoor van ons stewige boerpampoene (agterstewes) en dit móét hy beleef.



Hy hokaai in Keetmanshoop, want hy het hom misreken met die hitte. Bokke se tonge hang uit, sy koeler kook. Hy en die bokke span uit ­onder ’n koelteboom, onwetend dat dit ’n private bush bar vir die dronkies is. Skaars asem geskep en daar kom die span aan met Zorba, Monis ­Granada en nog ’n papkan Overmeer.



Hy reken die boytjies is heel bedag­saam en aanvaar hul uitnodiging vir ’n kuiertjie. Groot fout! Hy lê nou in die hospitaal onder drip vir alkoholvergiftiging. Die bokke is by die SPCA en werkers sukkel om die gediertes te versorg.



So word ’n plaasvervanger met ’n private vliegtuig ingevlieg Windhoek toe - bokke en al. Die minibusdrywer sien hier is groot geluk - ’n ryk man met twee slaggoed. Santa word genooi na Vambo-lokasie waar ’n heerlike partytjie afskop. Die wyn vloei soos ’n fonteintjie en die meisies dans op hul beste - dis ene boobs en boude. Santa se hormone tesame met ’n oormaat wyn stuur hom met ’n meisie kamer toe. Dis toe nou daar wat almal toeslaan. Geskenke weg, bokke geslag. Daar is groot vleisverkope - volg die rooi pyltjie na Single Quarters waar ’n Krismisvader met liggies en ‘imported meat for sale’ hang. Dit is ’n massiewe verlies en skande vir die Kersvader Assosiasie. Kersvaderdienste vir Suider-Afrika word opgeskort!



Die Kersvaders vir die ander ­Afrikalande sal ook nie meer geskenke bring nie, maar slegs ’n ordentlike Kersete vir die ­minderbevoorregtes voorsien.



Bravo! Julle begin dink minder materialisties. Wat maak ’n honger kind in elk geval met speelgoed? My minse, moenie stres nie. Hier is nou ’n geleentheid vir jong ­entrepreneurs om die posisie aan te gryp. Tenders sal oop wees vanaf Julie 2025 met streng vereistes - geregistreerde besigheid onder NGO, ’n ­besigheidsplan met goeie borge.



Nou dink ek aan moontlike name uit ons lokasies:



Vambo-loksie: Santa tate Kolonelius



Damara-lokasie: Santa omes Klaas



Herero-lokasie: Santa Gerson



Khomasdal: Santa Claudius



Ons leer nou stelselmatig om weg te beweeg van materiële honger. Wie het hoeka gesê Kersfees is ­geskenketyd, dis mos Jesus se verjaardag. Wag tog maar vir julle verjaardae, of hoe? Mag almal ’n vreedsame, blye Kersgety met ­familie en vriende geniet!



NS: Koop asseblief klaar skoolklere!



– gasskrywer

Kommentaar

Republikein 2025-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° #VALUE! #VALUE!