SADDEN: Victoria Sikundo (39), daughter to Magaritta Ihemba (83) who was evicted from her home last year. Photo Nikanor Nangolo
SADDEN: Victoria Sikundo (39), daughter to Magaritta Ihemba (83) who was evicted from her home last year. Photo Nikanor Nangolo

Familie woon onder ’n boom

‘Hulle het ons soos honde behandel’
'n Drie-en-tagtigjarige ouma en haar familie is uit hul huis gesit nadat 'n vriend se seun die grond sonder hul medewete verkoop het.
Nikanor Nangolo
Nikanor Nangolo – Vyf maande nadat Magaritta Ihemba (83) uit haar huis van meer as 50 jaar gesit is – saam met haar kinders en kleinkinders – in Rundu se Kehemu-nedersetting, sê haar dogter, Victoria Sikundo (39), sy huil haarself elke aand aan die slaap.

Ihemba se familie het hul huis verloor nadat ’n vriend se seun, Ndavoka Deneshi, die huis en grond na bewering in 2009 in die geheim aan ’n ander gesin verkoop het.

Volgens haar het sy vir Deneshi in 2002 blyplek gegee en nadat hy ’n baksteenhuis op die gedeelte van die grond gebou het wat sy aan hom gebied het, het hy dit verkoop

“Die [Rundu]-dorpsraad het gesê ten spyte van ons tydelike strukture word die grond aan die een gegee wat ’n permanente struktuur op die grond opgerig het.

“Ons het ’n uitsettingskennisgewing ontvang wat deur die nuwe eienaar bedien is, maar ons het geweier om te trek. ’n Paar maande later het werkers van die raad gedreig om ons besittings met ’n stootskraper te verwyder,” het Sikundo gesê.

‘SOOS HONDE UITGEGOOI’

Sy het aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê dat hulle “soos honde” uit hul huis gesit is, met werkers van die dorpsraad wat hul besittings uit hul huis gegooi het.

“Op 15 November verlede jaar het die dorpsraad nog mense gestuur wat met ’n trok gekom het en ons beveel het om ons besittings op te laai sodat hulle ons kan vat na die nuwe plot wat hulle vir ons gegee het. Ons het geweier om na die nuwe plek te gaan en dit is toe dat hulle begin het om die kamers uitmekaar te haal. Hulle het sonder meegevoel ons besittings en materiaal in die buurman se erf gegooi en ons soos honde behandel,” het sy gesê.

“Van daardie dag af slaap ons onder ’n boom in ons bure se erf. Na ֹ’n paar dae, toe die nuus oor ons situasie uitgekom het, het ons ondersteuning van bekommerde lede van die publiek ontvang, insluitend die kantoor van die goewerneur, wat ’n tent geskenk het. Op die oomblik bly ons steeds in ons buurman se erf en slaap in tente – al 21 van ons, insluitend nege skoolgaande kinders,” het Sikundo gesê.

“Ons het ook mense gehad wat ons probeer help het om geld vir regshulp in te samel; om ons te help om hierdie kwessie te beveg. Die tente is nie heeltemal ideaal vir ons nie, veral gedurende die reënseisoen.

“Die lewe is nie regverdig nie. Ons sukkel al jare lank om werk te kry. Soms wonder ek of hierdie lewe die moeite werd is. Sommige nagte worstel ek met selfdoodgedagtes, en ek oorweeg dit om nie net my lewe te neem nie, maar ook dié van my kinders om van hierdie oorweldigende pyn en wanhoop te ontsnap,” het sy gesê.

REAKSIE

Talle het sedertdien die Rundu-dorpsraad se besluit gekritiseer om Ihemba en haar gesin uit hul huis te sit, met die Landless People’s Movement (LPM) se leier, Bernadus Swartbooi, wat die raadslede as “swak, kermende lafaards” beskryf het.

“Hulle het nie die kapasiteit om ’n goeie stryd te voer om te kry wat die dorp Rundu verdien nie. Is dit omdat hulle so swak is dat hulle ’n ’n ouma terroriseer? Jong mans wat verkies is en die mag het, wat ’n ouma uit haar huis sit. Skaam hulle.”

“Watter soort mense is hier verkies? Is dit regtig mense wat logies dink? Selfs [Kavango-Oos se goewerneur Bonifatius] Wakudumo wat oral rondloop en skree, nadat ’n 83-jarige vrou uit haar huis en onder ’n boom gesit is, kon net ’n tent verskaf,” het Swartbooi gesê.

Die uitvoerende hoof van die Rundu-dorpsraad, Olavi Nathanael, het verlede jaar aan ’n plaaslike dagblad New Era gesê dat ’n sekere Agnes Kwenani Sitamulaho die eiendom in 2012 by die raad gekoop het en die koopakte is onderteken.

Volgens hom is betalings gemaak en die grond is aan die huidige bewoner van die grond oorgedra. Die raad het eers van die dispuut tussen die twee partye te hore gekom nadat die eiendom reeds verkoop is, het hy gesê.

Die dorpsraad het gevolglik ’n erf geïdentifiseer vir die familie om na toe te skuif.

Volgens Deneshi het hy slegs die gedeelte van die grond verkoop wat aan hom gebied is.

“In 2009 het ek my gedeelte verkoop waar ek op gebou het vandat ek in 2003 daarheen verhuis het. Ek het uitgetrek en die [nuwe] eienaar het by haar gesin ingetrek. Albei families [het] tot 2021 saamgewoon.”

Nadat die grond opgemeet is en die gedeeltes as een geïdentifiseer is, het die [nuwe] eienaar – met die hulp van haar prokureur – die plot op haar naam gesit,” het hy gesê.

“Aangesien sy nou van plan is om na Katima Mulilo te trek en geld nodig het, het sy besluit om die familie uit hul huis te sit, aangesien die deel wat ek aan haar verkoop het, te klein is. Ek het probeer om haar terug te betaal sodat sy die grond vir die familie kon los om terug te keer na hul huis, maar sy het geweier,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!