Feestyd in Windhoek
Nuwe leierskap vir 2024
Die Windhoekse stadsraad belowe skuldverligting vir inwoners en om Zoo Park volgende jaar beter te bestuur.
Vanjaar se Kersvieringe in die hoofstad skop vanaand amptelik om seweuur af met die aanskakeling van die feesligte in Zoo Park.
Die voormalige burgemeester en tans die adjunkburgemeester, Joseph Uapingene, sal die verrigtinge behartig. Die vieringe sal ook Saterdag voortduur en die Kersliedere by Kerslig vind op Sondag 10 Desember om 20:00 plaas.
Onafhanklikheidsrylaan deur die middestad sal vandag vanaf 16:00 tot Sondag om 17:00 vanaf Frans Indongostraat tot by Fidel Castrostraat gesluit wees, om die hoofstad se twee dae lange Kersmark te akkommodeer.
Queen Omagano Kamati is tydens die stadsraadvergadering op 1 Desember as Windhoek se nuwe burgemeester verkies.
Drie lede van die bestuurskomitee – Fransina Kahungu, Sam Shafishuna en Austin Kwenani – is ook verkies en nog twee lede sal op 18 Januarie 2024 verkies word.
Met dié verwikkeling neem Swapo weer beheer oor van die Windhoekse stadsraad ná verskeie burgemeesters van opposisiepartye die afgelope drie jaar die hoofstad se munisipaliteit bestuur het.
Nog ’n betekenisvolle verwikkeling by die raadsvergadering is die bekendstelling van ’n program om skuld te verlig ter waarde van N$524 miljoen, wat ten doel het om inwoners en besighede te ondersteun.
Die program sal 100% van die rente op bestaande skuld van pensioenarisse afskryf en 50% van die rente op bestaande skuld van besighede, inwoners en ander instansies.
Die stap volg op ’n toename in skuld wat die munisipaliteit moet invorder – vanaf N$677 miljoen in 2018 tot N$1,2 miljard in 2023. Besonderhede oor die nuwe program sal eers volgende jaar bekendgemaak word.
Die munisipaliteit beoog ook om ’n onderrigfonds te vestig, met bydraes wat vrywilliglik van amptenare se salarisse afgetrek sal word.
Die fonds wil ook minderbevoorregte leerlinge van Windhoek ’n hupstoot gee met hul studies en tot die welstand van die gemeenskap bydra.
Die voormalige burgemeester van die Affirmative Repositioning Movement (AR), Job Amupanda, het die vestiging van die fonds reeds in September 2021 voorgelê, hoewel die stadsraad dit eers vandeesmaand goedgekeur het.
Die stadsraad het ook die besluit geneem om ’n tienjaar-ooreenkoms met Innovate Group te sluit vir die opknapping en instandhouding van Zoo Park. Die park genereer gemiddeld slegs N$15 000 per jaar, terwyl uitgawes tot N$452 000 per jaar beloop. Dit sluit sekuriteitsdienste van N$12 000 per maand in asook tuindienste van N$25 700 per maand.
Die stadsraad het ook verlede week die Ovaherero-, /Khomanin Damara-, en Afrikaner Nama-stamme erken. Dié stamme het destyds in die gebied voorheen bekend as //Ae /Gams of Otjomuise gebly voor die moderne Windhoek gevestig is. Om dié mense se waardigheid en regte te herstel, wil die stadsraad grond aan hulle gee.
Die volg op ’n mosie van Ivan Skrywer, ’n raadslid van die Landless People’s Movement (LPM), waarin hy ’n beroep doen om die gebied om die Alte Feste en die nuwe Onafhanklikheidsmuseum te omskep “om die pynlike geskiedkundige konsentrasiekamp daar te weerspieël”.
Hy het ook gesê tantième moet aan die betrokke gemeenskappe betaal word, vasgestel teen ’n persentasie van tariewe en belasting wat besighede en inwoners binne die stad se grense betaal. Die kwessie is ook na die minister van stedelike en landelike ontwikkeling verwys vir verdere optrede.
Die stadsraad het ook goedkeuring gegee dat Johann Albrechtstraat na Dr Justus //Garoebstraat hernoem kan word.
Die stadsraad is tot 16 Januarie 2024 op reses.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie