Fetus in ’n kosblik gevind
Verskeie verkragtings dié naweek aangemeld
Die polisie ondersoek verskeie kinderverkragtings wat oor die naweek aangemeld is en 'n saak waar 'n fetus in die Rocky Crest-woonbuurt weggegooi is.
Verbygangers in Windhoek se Rocky Crest-woonbuurt het die afgelope naweek ’n fetus in ’n kosblik, toegedraai in ’n plastieksak, in ’n rivierbedding gevind.
Luidens die Namibiese polisie se misdaadverslag was die fetus vermoedelik tussen twee en drie maande (agt tot 12 weke) in die ontwikkelingstadium.
“Na bewering het mense wat kos in ’n asblik gaan soek het die plastieksak ontdek en hulle het ’n veiligheidswag by die Rocky Hill-kompleks – geleë langs die plek waar die fetus weggegooi is – in kennis gestel. Die wag het toe weer die polisie in kennis gestel,” luidens die misdaadverslag. Geen verdagte is geïdentifiseer nie.
VERKRAGTINGS
In Rehoboth is ’n 27-jarige man in hegtenis geneem glo vir ’n voortgesette seksuele verhouding met ’n 13-jarige slagoffer by die informele nedersetting Soetdoringlaagte. Na bewering het die seksuele verhouding van Junie tot September vanjaar geduur. ’n Saak van verkragting is teen die beskuldigde aanhangig gemaak.
• In Otavi se New Cairo-lokasie het ’n 28-jarige man glo Vrydag ’n 17-jarige vrou opgemerk wat alleen loop, haar met geweld gegryp en in nabygeleë bosse verkrag. Die polisieverslag het geen melding gemaak van enige arrestasie nie, maar ’n saak van verkragting is geopen.
• In Outjo se Etoshapoort-nedersetting het ’n volwasse man luidens die polisieverslag ’n agtjarige meisie wat voor ’n sjebien saam met haar vriende gespeel het, weggelok deur vir haar te sê hy sal vir haar lekkers koop. Hy het daarna die kind glo in die nabygeleë bosse verkrag.
“Na bewering het die verdagte die slagoffer agter die bosse ingevat, haar klere uitgetrek en vir haar gesê om te gaan lê. Die slagoffer het geweier, maar hy het haar glo na die grond gestamp en haar verkrag.”
Daar word verder beweer dat daar vroue in die bosse was wat gesien het wat gebeur het en toe hulle gil, het die verdagte opgestaan en weggehardloop.
Die vroue het glo die slagoffer teruggeneem huis toe en haar tannie vertel wat hulle gesien het.
“Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” luidens die polisieverslag.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie