Filmfees fokus op jeug
Inskrywings nou oop
KinoNamibia het ten doel om 'n platform te skep vir die jeug om met verskeie rolprentkonsepte vorendag te kom rondom maatskaplike kwessies wat hulle raak.
Die KinoNamibia-rolprentfees is terug nadat dit die afgelope twee jaar weens die Covid-pandemie nie kon plaasvind nie.
KinoNamibia is ’n projek wat onder die vaandel van die Namibiese Filmkommissie (NFC) vir opkomende plaaslike filmmakers aangebied word. Dit het ten doel om ’n platform te skep vir die jeug om met verskeie rolprentkonsepte vorendag te kom rondom maatskaplike kwessies wat hulle raak.
KinoNamibia dien terselfdertyd as ’n rolprentproduksienetwerk en vaardigheidsoordrag- en mentorskapplatform, en bring aspirantregisseurs, vervaardigers, draaiboekskrywers, redakteurs, kamera-operateurs, klank- en produksieontwerpers, digters, akteurs, komediante, musikante en alle rolprententoesiaste byeen wat graag hul kreatiwiteit deur film wil uitdruk.
Die rolprentfees is geïnspireer deur ’n internasionale beweging genaamd KinoKabaret en is vir die eerste keer in 2017 in Namibië aangebied. Die jong deelnemers ontmoet, vorm groepe en moet binne 48 uur kort plaaslike films vervaardig.
Op die eerste dag ontmoet die deelnemers vir die konseptualisering en pre-produksiefase, met produksie en post-produksie wat vir die volgende twee dae volg. Daar word van die spanne verwag om hul finale kortfilms op dag drie in te dien met die films wat op die laaste dag van die fees vertoon word.
Die driedaagse fees duur vanjaar van 26 tot 29 Augustus, met die openbare vertoning wat weer op 29 Augustus om 18:00 by die Goethe-Instituut se ouditorium sal plaasvind.
Vanjaar se tema vir die fees fokus op sewe van die 17 Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) op die Verenigde Nasies se Agenda 2030. Die sewe doelwitte het betrekking op armoede, gesondheid, gehalte-onderwys, geslagsgelykheid, innovasie, klimaatsverandering en bestuur.
Daar sal dus van die deelnemers verwag word om oplossingsgedrewe storie-idees wat verband hou met huidige samelewingskwessies rondom hierdie onderwerpe voor te stel wat in kortfilms ontwikkel kan word.
Die klem is dus op rolprente wat sterk fokus op die bou van ’n meer inklusiewe en volhoubare Namibiese ekonomie en samelewing wat meer veerkragtig is in die nasleep van die Covid-19-pandemie, klimaatsverandering en ander wêreldwye uitdagings – vanuit ’n jeugperspektief.
KinoNamibia nooi tans aspirantfilmmakers uit om vir die filmfees te registreer. Registrasies het op 18 Julie geopen en sal duur totdat al die kaartjies uitverkoop is. Die kaartjies kos N$20 en slegs 150 is beskikbaar.
Belangstellendes kan via die KinoNamibia Google Forms registreer, waarvoor die skakel op die KinoNamibia Facebook-blad gevind kan word.
Die fees word deur die NFC, die Goethe-instituut en die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) se Accelerator Lab geborg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie