Fishrot-6 hoor 22 Julie oor borgtog
Iréne-Mari van der Walt
Ses Fishrot-beskuldigdes sal op Vrydag 22 Julie hoor of hul aansoek om verlof tot appèl suksesvol was.
Die beskuldigdes, mnre. Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Mike Nghipunya, Pius Mwatelulo, Philipus Mwapopi en Otneel Shuudifonya, het Vrydag in die hoërhof in Windhoek hul gronde aan regter Shafimane Ueitele voorgelê.
Die ses beskuldigdes meen ’n vorige beslissing deur Ueitele om hul aansoek om borgtog van die hand te wys, is nie in pas met dié van regter Herman Oosthuizen nie.
Die beskuldigdes se regsverteenwoordigers meen onder meer dat die uitspraak in die saak waarin Oosthuizen borgtog aan mnr. Ricardo Gustavo, ’n medebeskuldigde, toegestaan het, skep ’n presedent en dus moet Ueitele se beslissing hersien word.
Oosthuizen het verlede jaar borgtog van N$800 000 aan Gustavo toegestaan met verskeie borgvoorwaardes. Hy moet twee keer per dag by die Kappsfarm-polisiekantoor aanmeld en elke Maandag, Woensdag en Vrydag by die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se kantoor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie