‘Fitty het gewerk vir Samherji-geld’
Stefánsson glo deurmekaar met dwelms
Die regspan van mnr. Tamson Hatuikulipi het gister gepoog om te bewys dat hy wel vir Samherji gewerk het en nie net omkoopgeld ontvang het nie.
Die hoofondersoekbeampte van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) in die Fishrot-saak is gister tydens kruisondervraging onkant gevang met e-posse wat hy nog nie vantevore gesien het nie.
In die aansoek om borgtog van die Fishrot-beskuldigde, mnr. Tamson (Fitty) Hatuikulipi, wat Maandag in die hoërhof in Windhoek hervat het, kruisondervra Hatuikulipi se regsverteenwoordiger, adv. Richard Metcalfe, tans vir mnr. Andreas Kanyangela.
Metcalfe het vir Kanyangela e-posse gewys wat die hokaairoeper, mnr. Jóhannes Stefánsson, na bewering destyds vir Hatuikulipi gestuur het. Dié e-posse bevat inligting oor verkope, markte en ander sakeverwante inligting.
“Dit is nie die tipe e-posse wat jy vir iemand stuur wat nie werk doen nie. Dit bewys dat hy integraal betrokke was by die bedrywighede van Samherji. Dit was nie net skynkontrakte (“dummy contracts”) nie,” het Metcalfe gesê
Kanyangela het getuig dat hy nie vantevore die e-posse gesien het nie.
“Stefánsson het vir julle gegee net wat hy wou hê julle moes sien sodat hy hierdie saak kan pasmaak na sy sin,” het Metcalfe gesê.
STEFÁNSSON GLO DWELMVERSLAAFDE
Metcalfe het uitgewys dat die ACC se ondersoek grootliks steun op die inligting wat Stefánsson aan hulle verskaf het.
“Op grond van julle [ACC] se ondersoek blyk dit asof Stefánsson die hoofmisdadiger in hierdie saak was en nou homself distansieer.
“Ses getuies beweer dat Stefánsson ’n dwelmverslaafde is en dat hy deurmekaar was met kokaïen, prostitusie en drank,” het Metcalfe gesê.
‘SELEKTIEWE GEREGTIGHEID’
Metcalfe het Kanyangela verder uitgevra waarom hulle nie mnr. Marén de Klerk in hegtenis geneem het toe hy na die ACC se kantoor gegaan het om ’n verklaring af te lê nie.
“Nadat De Klerk ’n verklaring by julle afgelê het, het julle hom laat gaan en hom toegelaat om die land te verlaat.”
Metcalfe het ook verwys na mnr. AJ Louw se beweerde betrokkenheid by korrupte aktiwiteite met betrekking tot die Fishcor-saak.
“Hierdie verdagte is op vrye voet.
“Dit wil blyk asof daar gediskrimineer is in hierdie saak en dat selektiewe geregtigheid toegepas is,” het Metcalfe gesê.
Kanyangela het dié bewerings ontken.
Kanyangela se kruisondervraging sal vandag voortduur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie