Foto HARROLD PAGE,  ter illustrasie
Foto HARROLD PAGE, ter illustrasie

Forum wil toerisme in ||Kharas bevorder

Verskeie sleutelfigure in die toerismebedryf in die ||Kharasstreek het verlede maand vergader in ’n poging om oplossings vir ­struikelblokke te vind wat ’n demper op toeristegetalle in die streek plaas.

Een van die klagtes is die doeltreffendheid van beamptes by Namibië se suidelike grense.

Volgens mnr. Frikkie Mouton van Alte Kalköfen Lodge is sekere van die probleme op skrif gesit en met die verwante departemente bespreek, maar het dit nie tot enige verbetering gelei nie.

“Dié tipe houding van regeringsbeamptes het ’n negatiewe impak op veral die toerismesektor en gevolglik ons besighede,” het Mouton gesê.

Hyhet ook verwys na die ­regering wat ’n strategiese plan vir ­toerisme opgestel het.

Volgens hom is ’n raadgewende ontmoeting einde verlede jaar op Keetmanshoop gehou om die plan te bespreek.

Dit is egter swak deur rolspelers in die toerismebedryf in die suide van die land bygewoon.

“Verstaanbaar het die ­ministerie geen idee gehad oor wie om na so ’n vergadering te nooi nie, omdat daar geen liggaam of organisasie is wat die toerismebedryf in ||Kharas verteenwoordig nie.”

Mouton sê die grootste probleem is dat rolspelers in die bedryf en streek tans nie as ’n verenigde liggaam werk nie, met die gevolg dat die regering en ander instansies verwante spelers nie ernstig opneem nie.

“Individuele briewe en ­besprekings bring ons nêrens.”

In die lig van bogenoemde is besluit om die ||Kharas Toerismeforum te stig met die doel om volhoubare toerisme in die streek te bevorder.

Lidmaatskap is onderhewig aan amptelike en plaaslike registrasiekriteria.

Vir meer inligting kan Mouton by 081 170 0004 gekontak word of stuur ’n e-pos aan stay@alte­kalkofen.com

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!