BUCK STOPS WITH ME: City of Windhoek mayor, Sade Gawanas.
BUCK STOPS WITH ME: City of Windhoek mayor, Sade Gawanas.

Gawanas en Larandja stamp koppe

Beskuldigings rondgeslinger
Die burgemeester van Windhoek het haar teleurstelling oor die huidige werksverhouding tussen raadslede uitgespreek en gesê dit is ongesond vir enige organisasie om in geïsoleerde groepe te werk.
Ogone Tlhage
Op 1 Desember 2021 het die Independent Patriots for Change (IPC)-raadslid, mnr. Jürgen Hecht, die Landless People’s Movement (LPM)-lid, me. Sade Gawanas, vir die pos van burgemeester van Windhoek benoem.

Me. Ndeshihafela Larandja, ook van die IPC, het dié nominasie gesekondeer. Met geen ander benoemings nie, is Gawanas as burgemeester aangestel.

Sewe maande later en Gawanas en Larandja is diep verdeeld – met allerhande beskuldigings wat tussen dié twee rondgeslinger word.

Gawanas het Larandja Dinsdag daarvan beskuldig dat sy “goedkoop” politieke punte probeer wen. Dit nadat Larandja Maandag ’n mediakonferensie gehou het om die media in te lig oor hoekom sy meen die proses om ’n nuwe uitvoerende hoof vir die Windhoek-munisipaliteit (CoW) aan te stel, gebrekkig was en van voor af moet begin.

Gawanas het uit die mediakonferensie gestap, waartydens Hecht ’n lang inligtingsessie oor die ­treurige toestand van die CoW se geldsake gehou het. Sy het Dinsdag haar eie mediakonferensie belê waarop sy Larandja gekritiseer het omdat haar inligtingsessie nie goedgekeur was nie – en waartydens sy gesê het hulle stem nie saam oor die kwessie van die aanstelling van die uitvoerende hoof nie.

Die burgemeester het haar teleurstelling oor die huidige werksverhouding tussen die CoW se raadslede uitgespreek en gesê dit is jammer dat hulle nie saamwerk om die belange van die stad se inwoners te dien nie.

“Dis baie jammer dat ons twee mediakonferensies gehad het, een deur die voorsitter van die raad en een deur die raad; dit is ook baie jammer dat ons met ’n verdeelde raad sit,” het Gawanas gesê oor die stand van sake wat die raad tans in die gesig staar.

“Dis ongesond vir enige organisasie om in geïsoleerde groepe te werk; dit sit ons 50 tot 100 jaar terug,” het sy gesê.

SLEGTE IDEE

Volgens Gawanas het Larandja nie toestemming gehad om namens die raad te praat of inligting oor die stad se sake bekend te maak nie, aangesien dit die munisipaliteit se waar­nemende hoof, woordvoerder of die burgemeester se verantwoordelikheid is.

Larandja is glo ingelig dat dit meer gepas sal wees om eerder ’n mosie van wantroue te hanteer wat ingedien is.

“Ek het Vrydag ’n brief van die voorsitter van die bestuurskomitee ontvang wat my meegedeel het dat ons ’n mediakonferensie gaan hou. Ek het vir haar verduidelik hoekom dit nie ’n goeie idee is nie. Ek het haar ingelig daar is ’n mosie van wantroue voor ons,” het sy gesê.

Mnr. Ivan Skrywer, raadslid van die LPM wat ’n lid van die stadsraad se bestuurskomitee is, is ook nie oor die vergadering ingelig nie, het Gawanas gesê.

“Ek is nie ingelig nie; raadslid Skrywer ook nie. Die inligting wat vrygestel is, is nie goedgekeur nie, dit is teenstrydig met wat ons as raad probeer bereik,” het sy gesê.

AANSTELLING VAN HOOF

Gawanas het bygevoeg die raad sal gesamentlik die pad vorentoe bespreek oor die aanstelling van ’n uitvoerende hoof, aangesien dit nie uitsluitlik die voorreg van die voorsitter van die bestuurskomitee of lede daarvan is nie.

Die raad in sy geheel is die eerste en laaste punt van goedkeuring.

“Die werwing- en keuringsregulasies berus nie by die bestuurskomitee om besluite namens die plaaslike owerheidsraad te neem nie, veral nie waar die magte van die raad nie gedelegeer kan word nie,” het Gawanas gesê.

Die raad sal gesamentlik besluit oor die pad vorentoe en nie noodwendig die bestuursraad nie. Die saak sal op ’n spesiale raadsvergadering bespreek word, het die burgemeester gesê.

“Die saak is voor die raad. Ons moes die vergadering uitstel, maar by die volgende spesiale raadsvergadering sal ons die saak bespreek,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!