Gawanas gee oorsig van 2022
Burgemeester deel planne vir die nuwe jaar
Die munisipaliteit van Windhoek moet met minder as 3 000 werknemers dienste aan 460 000 inwoners lewer.
Gedurende die afgelope jaar het die behuisingstekort in Windhoek as ’n dringende kwessies na vore getree.
Dit volgens die stad se burgemeester, Sade Gawanas.
Sy sal steeds die nuwe jaar as burgemeester ingaan nadat stadsraadslede onlangs uit ’n vergadering gestap het waar haar plaasvervanger verkies sou word.
Gawanas waarsku as die behuisingstekort nie spoedig aandag geniet nie, voorspel dit groot probleme.
“Ons moet dit uitsorteer, anders sal ons binne 10 tot 15 jaar ’n Luanda-situasie in die gesig staar, waar daar net té veel mense is wat die munisipaliteit bloot nie kan bedien nie,” het sy op Kletskompas, Republikein se geselsprogram, gesê.
Die hersiening van die stad se behuisings- en grondvoorsieningsbeleid is een van die stadsraad se prestasies in 2022, sê sy.
“Die stad groei, die bevolking groei, en daar is geen manier hoe ons mense kan keer om Windhoek toe te kom nie,” voeg sy by.
Ander prestasies sluit volgens Gawanas die hersiende strategiese plan in, goedkeuring van die oprigting van twee nuwe sentrums in 2023 vir die terugkoop van vullis, en ’n nuwe rampbestuursplan nadat die vorige plan in 2000 laas hersien is.
Sy noem ook die vestiging van ’n finansiële volhoubaarheidskomitee onder leiding van die strategiese uitvoerende beampte vir finansies, Jennifer Comalie.
Die komitee sal onder meer planne implementeer om die N$900 miljoen in te vorder wat verskeie ministeries skuld, en om ’n waarborg van N$700 miljoen aan die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling terug te betaal.
Verder vorder die hoofstad met sy planne om ’n slimstad te word. Dit behels tegnologieë om onder meer vervoer, die ontdekking van waterlekkasies en die koördinasie van nooddienste te verbeter.
Nogtans sê Gawanas: “Wat beteken ’n slimstad as ons mense nie behuising kan kry nie? Jy het Wi-Fi maar dit reën en jou huis oorstroom? Die monitering van watermeters, voorafbetaalde elektrisiteit en SMS-rekeninge beteken nie veel sonder infrastruktuur nie. Hoe kom ons by ’n slimstad met internet, beter skole en doeltreffendheid? Ons moet dit saam en gelyk takel,” sê sy.
Gawanas sê die grootste kwessie is die benadering tot die behuisingsprobleem.
Politieke wil is nodig, volgens haar.
“Ek glo ons kan die situasie verbeter, maar ons moet strategies daaroor dink. Die data sal vir ons sê waar ons behuising moet bied, waar leerlinge koshuise benodig, en wat om te doen vir die mense wat net hier kom werk.”
Volgens Gawanas is behuising veral in die informele nedersettings ’n dringende kwessie.
“Ek hoop op samewerking. Daar is mense wat nie eens ’n N$100 per dag kan bekostig nie,” voeg sy by.
Vanjaar het die stad sy eie behuisingsprojek in Cimbebasia begin waar behuising volgens die burgemeester vir middelinkomste-inwoners beoog word.
Gawanas is ook tevrede dat stadsraadvergaderings en ander munisipale geleenthede nou gereeld regstreeks in die sosiale media gebeeldsend word. Inwoners moet ingelig bly om die hoofstad se uitdagings te verstaan, volgens haar.
Die munisipaliteit moet byvoorbeeld met 2 899 werknemers dienste aan 461 000 inwoners bied. Dit terwyl die salarisrekening in toom gehou moet word deur die beperking op nuwe aanstellings.
“Daar is baie min interaksie. Baie mense weet nog nie wat aangaan nie,” sê sy.
Nog ’n belangrike kwessie waaroor inwoners hulself moet vergewis, is oor die aanstelling van ’n nuwe uitvoerende hoof.
Volgens Gawanas sal Stad Windhoek se menslike hulpbronafdeling nou die tweede beste kandidaat moet nader nadat sy eerste keuse, Conrad Lutombi van die Paaieowerheid (RA), besluit het om nie sy huidige pos te verlaat nie.
“Die proses is duidelik,” voeg sy by.
Gawases sê: “Elke individu op die raad het ’n verantwoordelikheid en ’n plig. Om uit vergaderings te stap, dui hul prioriteite aan, maar ons moet almal aan die mense begin dink. Ons moet werk. Samewerking is ons plig en ek hoop ons sal in Januarie wys ons is daar vir die mense, ons is nog leiers en ons moet werk,” sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie