Bience Gawanas Foto Facebook
Bience Gawanas Foto Facebook

Gawanas Warwick se nuwe kanselier

Brigitte Weidlich
Die Namibiese kampvegter vir ­maatskaplike ­geregtigheid, adv. Bience Gawanas, is as die nuwe ­kanselier van die Universiteit van Warwick in die Verenigde ­Koninkryk (VK) aangestel.



Die universiteit het dié nuus Maandag bekend gemaak.



Sy is die voormalige ondersekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN) en sal vanaf Januarie 2025 haar pos by die universiteit inneem.



Gawanas het tydens die Namibiese bevrydingstryd die geleentheid gekry om by dié universiteit te studeer en het haar regsgraad in 1986 daar voltooi. Sy is ’n jaar later tot die balie in Engeland toegelaat. Sy het in 1989 na Namibië teruggekeer.



Gawanas het verlede jaar ’n ­eregraad by Warwick ontvang ter erkenning van haar loopbaan in die regte oor die afgelope 40 jaar, veral met betrekking tot haar werk in menseregte.



Gawanas was die eerste vrou in Namibië wat vanaf 1996 tot 2003 die hoof van die kantoor van die ­ombudsman was. Sy was ook vir etlike jare die Afrika-unie se ­kommissaris vir maatskaplike sake in Addis Abeba. Sy is toe vir ’n lang tydperk as ­ondersekretaris-generaal van die VN in New York aangestel.



“Ek is diep geëerd om as kanselier van die Universiteit van Warwick ­aangestel te word. Onderrig is ’n ­kragtige instrument vir verandering, soos ek tydens my eie tyd by Warwick uitgevind het.



“Ek het as ’n vlugteling na Warwick gekom en vertrek met die wete dat hierdie universiteit my bemagtig het om by te dra tot ’n onafhanklike Namibië en ’n gelyke en regverdige wêreld,” het Gawanas gesê.



In reaksie op die aanstelling het prof. Stuart Croft, die ­visekanselier en president van die Universiteit van Warwick, gesê: “Bience bring ’n rykdom van internasionale ervaring en ’n diep verbintenis tot onderrig en globale ontwikkeling.



“Haar leierskap op die wêreld­verhoog, veral in die bevordering van gelykheid en geleenthede, strook perfek met Warwick se missie om die volgende generasie leiers te ­inspireer en te koester.



“Dit, gekombineer met haar eie persoonlike storie en loopbaan as ’n Warwick-alumnus, maak haar die perfekte kandidaat om ons volgende kanselier te wees. Ons is verheug om haar by die Warwick-gemeenskap te verwelkom.”



Gawanas beywer haar al jare vir maatskaplike geregtigheid, geslagsgelykheid, vrede, vroueregte en volhoubare ontwikkeling.



Sy neem die leisels by die ­uittredende Catherine Ashton oor, wat die pos sedert 2016 beklee het en wat ook dié universiteit se eerste vroue-kanselier was.



WÊRELDBEKEND



Volgens die universiteit sal Gawanas in haar rol as die universiteit se nuwe kanselier sleutelgeleenthede soos gradeplegtighede lei en as ambassadeur vir Warwick se “beginsels van akademiese uitnemendheid, diversiteit en maatskaplike impak” optree.



Volgende jaar vier die universiteit sy 60ste bestaansjaar met ’n reeks geleenthede.



Die Universiteit van Warwick is een van die top-universiteite in die VK en is bekend vir sy streng akademiese programme, innoverende navorsing en sterk internasionale vennootskappe.



Namibië se huidige minister van arbeid, nywerheidsverhoudinge en werkskepping, Utoni Nujoma, is ook ’n voormalige student van dié universiteit.



[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!