Geen afstand te ver vir NDH

Lê 11 000 km daagliks af
Die Namibia Distribution Hub se kapasiteit speel 'n deur­slaggewende rol speel in die sukses van die ACDT-onder­wysprojek.
Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee

Logistiek is al millennia lank een van die sleutelbeginsels van die beskawing.

Die mensdom het vroeg begin om afstande deur kommunikasie te oorbrug, maar ‘n keerpunt in menslike interaksie, handel en ontwikkeling het gekom toe fisieke voorwerpe, insluitend gedrukte media, wyd en syd gedeel kon word – betyds.

Of dit nou vir inligtings- of bloot vermaakdoeleindes gebruik word, die gedrukte media het ‘n lewenslyn geword wat mense wêreldwyd verbind en bly ‘n kritieke manier om inligting te versprei – selfs in die moderne digitale era.

KOMMUNIKASIEDRAERS

‘n Uitstekende voorbeeld van hierdie belangrike maatskaplike en ekonomiese funksie is Namibia Distribution Hub (NDH), die logistieke afdeling van Namibia Media Holdings (NMH). Dit het sedert sy oorname in dié departement hulle logistieke verspreidingsketting vervolmaak het.

Dit stel hulle in staat om daagliks gedrukte media, pakkies en ander materiaal na die verste uithoeke van die land te versprei.

“Sedert ons die bestuur van al ons logistieke bedrywighede oorgeneem het, het ons baie tyd, denke en hulpbronne belê om die proses so glad, koste-doeltreffend en konsekwent moontlik te laat verloop,” verduidelik mnr. Etienne Kotze, sirkulasiebestuurder vir die NMH-groep.

Hierdie kapasiteit sou later ‘n deurslaggewende rol speel in die sukses van die African Child Development Trust (ACDT) se onderwysprojek, wat meer as 12 miljoen opvoedkundige boekies aan vroeë kinderontwikkelingsentrums (ECD’s), skole en tuisgebaseerde leerlinge versprei het in pas met die sillabusskedule, soos uiteengesit deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur.

“Die belangrikste is om die boekies volgens skedule by leerlinge te kry, asof hulle hul graadspesifieke leerplan in die klas volg,” het me. Sharnay Botha, die koördineerder van die ACDT-onderwysprojek, gesê.

“Dit was nie sonder uitdagings nie, aangesien ons soms nuwe metodes moes vind om daardie laaste gaping te oorbrug om plaasskole en dies meer te bereik. Danksy die toewyding van die NDH-span en die bystand van boere, lodge-eienaars, streekraadslede en selfs toegewyde onderwysers en skoolhoofde wat hul eie tyd en hulpbronne opgeoffer het om die boekies by die betrokke groepe leerlinge te kry, kon ons egter verseker al die geteikende leerlinge het toegang tot die leermateriaal – of dit nou in Windhoek was of die verste uithoeke van verafgeleë streke,” het sy bygevoeg.

BAIE KILOMETERS,

MEER GLIMLAGTE

Die logistiek was verbysterend. NDH se span bestuurders het elke dag sowat 11 000 km afgelê om selfs kleiner sentrums oraloor die land te bereik en in die proses hul lewens op die spel geplaas om billike toegang tot leermateriaal vir kinders landswyd te verseker.

“Ons, as ‘n span, glo ten volle in hierdie projek en om die dankbaarheid van die gemeenskappe wat hierdie boekies ontvang te sien, maak ons uiters trots om op een of ander manier ‘n bydrae te kan lewer,” het Kotze met ‘n glimlag gesê.

“Daar is geweldige uitdagings. Weens die impak van dié projek is ons egter baie opgewonde om deel daarvan te wees,” het hy bygevoeg.

“Selfs ná Covid voorspel ons beslis dat hierdie boekieprojek geweldige waarde gaan hê.

“Dit het ‘n groot rol daarin gespeel om onderrig te fasiliteer in die afwesigheid van klaskamer-onderrig en die gebrek aan handboeke in sommige gevalle,” het die Omaheke-kringinspekteur, gesê.

“Een van die groot uitdagings was egter die uitgestrektheid van ons streek.

“Dit is baie duur om hierdie boekies by verafgeleë skole af te lewer, maar ons werk hard om interne en eksterne belanghebbendes te betrek om ons te help om dit baie meer doeltreffend uit te voer.”

Vir meer inligting en om betrokke te raak, kontak [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!