FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Geen gevalle van sindroom ná Covid-entstof

NMRC handhaaf aanvanklike goedkeuring
Teen 22 Junie vanjaar het 160 849 mense in die land die Janssen-entstof ontvang.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Geen gevalle van ’n sindroom wat met die toediening van die Janssen (Johnson & Johnson)-entstof verband hou, is tot op hede in Namibië aangeteken nie.

Die entstof is op 2 Augustus 2021 deur die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) vir noodgebruik goedgekeur, gebaseer op doeltreffendheid, veiligheid en kwaliteit.

Teen 22 Junie vanjaar het 160 849 mense in die land dié entstof ontvang, insluitend 11 421 ondersteunende dosisse (boosters). Trombositopenie-sindroom (TTS) is ’n sindroom van skaars en potensieel lewens­bedreigende bloedklonte in kombinasie met lae vlakke van ­bloedplaatjies wat sowat een tot twee weke ná die inenting kan voorkom. Simptome sluit in kortasem, borspyn, geswelde bene, voortgesette maagpyn, neurologiese simptome insluitend ernstige of aanhoudende kopseer en versteurde visie.

MEER VOORDELE AS NADELE

Volgens die registrateur van medisyne, me. Fransina Nambahu, handhaaf die NMRC steeds sy aanvanklike goedkeuring van die entstof vir mense ouer as 18 jaar omdat die voordele die potensiële risiko oorskry.

Nambahu het beklemtoon die entstof moet vermy word in individue met ’n geskiedenis of risikofaktore van trombose. Mense wat die entstof ontvang het en wat ­negatiewe simptome ervaar, moet dit dadelik by hul dokter aanmeld.

In Suid-Afrika is vier gevalle van TTS aangemeld uit 8,5 miljoen dosisse van die entstof wat toegedien is. Dit is steeds in die buurland in gebruik omdat die voordele van die entstof vir die voorkoming van Covid-19 steeds die potensiële risiko oorskry.

In April het Amerika se Voedsel- en Medisyne-owerheid (USFDA) ’n rustydperk van tien dae aangekondig in die toediening van die entstof om ses gevalle van TTS te ondersoek. In Maart is 60 gevalle van TTS in Amerika bevestig waarvan nege noodlottig was.

Tans is die aanmeldkoers van TTS 3,23 per miljoen dosisse wat toegedien is en vir TTS-verwante sterftes is dit 0,48 per miljoen dosisse.

In die lig van die vermoedelike TTS-gevalle het die sentrum vir siektebeheer (CDC) voorgestel mRNA-entstowwe eerder as die adenovirus-gebaseerde Janssen-entstof moet vir mense ouer as 18 in Amerika gebruik word.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!