Geen motors, geen CO2-vrystellings

Hoofstad vier netto nul-vrystellingsweek
Die Windhoek-munisipaliteit het die geleentheid gevier met 'n uitstalling van elektriese voertuie en ander vervoer wat 'n minder negatiewe impak op die omgewing het.
Augetto Graig
“Met die toename van klimaatsverandering en kommer oor lugbesoedeling, bied elektriese voertuie wêreldwyd ’n volhoubare alternatief vir tradisionele brandstofaangedrewe motors.

“Herlaaibare batterye dryf hierdie voertuie aan en skep geen uitlaatgasse nie, wat dit ’n meer omgewingsvriendelike keuse vir bestuurders maak.”

So het dr. Cedric Limbo, die direkteur vir vervoerbeleid en regulasies in die ministerie van werke en vervoer, Maandag tydens die amptelike opening van die Windhoek-munisipaliteit se netto nul-vrystellingsweek gesê.

Hy het ook gesê dat elektriese voertuie mense se denke oor vervoer verander.

Die munisipaliteit het die geleentheid ook gevier met ’n uitstalling van elektriese voertuie en ander vervoer wat ’n minder negatiewe impak op die omgewing het.

Limbo het erken dat die ondersteunende infrastruktuur vir elektriese voertuie steeds ontbreek, en noem die verskaffing van herlaaistasies en ander nodige infrastruktuur “ongekende waters wat nog gekarteer en volledig ondersoek moet word”.

Nietemin bevorder die regering ’n beleid rakende vervoer wat vra vir die beskerming van die omgewing en reaksie op die uitdagings van klimaatsverandering, die handhawing van internasionale omgewingskonvensies en die vermindering van uitlaatgasse om dorpe te skep waar mense kan woon.

“Die vervoersektor dra aansienlik by tot die vrystelling van koolstofdioksied, as gevolg van lang afstande wat afgelê word om goedere en dienste binne die land te lewer.

“Om die agteruitgang van luggehalte te versag, word vinnig ’n beduidende uitdaging. Dit is omdat eienaarskap van voertuie, veral in stedelike gebiede, vinnig toeneem.

“Mense besit meer voertuie as wat hulle nodig het,” sê hy.

Limbo haal die vervoerbeleid van 2018 aan, wat vra vir die gebruik van meer niegemotoriseerde vervoer, die gebruik van voertuie wat minder uitlaatgasse vrystel, en die toepassing van voertuigontwerpe wat minder uitlaatgasse vrystel, veral ten opsigte van openbare vervoer soos busse en taxi's.

Ook aan die woord was die burgemeester van Windhoek, Queen Kamati.

“Dié week merk nie net ons verbintenis tot die bekamping van klimaatsverandering nie, maar vier ook die kragtige impak wat klein, individuele optredes kan hê om ons omgewing te bewaar,” sê sy.

Kamati het die kwesbaarheid van die hoofstad vir klimaatsverandering beklemtoon.

“Windhoek maak baie staat op reënval en damme vir water, wat dit veral vatbaar maak vir die impak van droër toestande en onvoorspelbare reënvalpatrone,” sê sy.

Tans het die hoofstad beperkings ingestel op die hoeveelheid water wat in Windhoek gebruik mag word, met boetes in plek vir diegene wat te veel water mors.

Verder gaan die netto nul-vrystellingsweek hand aan hand met mobiliteitsweek, “wat ’n wêreldwye veldtog vanaf 16 tot 21 September is om die gebruik van aktiewe mobiliteit, openbare vervoer en skoon vervoeroplossings aan te moedig,” sê sy.

Volgens haar sal die week Saterdag ’n hoogtepunt bereik, wanneer die hoofstad op 21 September ’n dag sonder motors sal vier.

Dit sal motorvrye gebiede behels, waar Windhoekers eerder sal moet stap, fietsry of openbare vervoer moet gebruik en minder van motors afhanklik moet wees.

Gedurende die week sal universiteitstudent met idees na vore kom om die uitleg van die stad meer toeganklik vir voetgangers te maak, die geleentheid om vandag fiets te ry werk toe, en ’n korporatiewe vasvra-geleentheid insluit, sê sy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 941.80/T UP 1.2% | Brent Crude Oil US$ 74.64/BBP UP +2.25% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 941.80/T UP 1.2% | Brent Crude Oil US$ 74.64/BBP UP +2.25% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93%