towfiqu-barbhuiya-C-zwLtPSErc-unsplash
towfiqu-barbhuiya-C-zwLtPSErc-unsplash

Geen varkgriep-uitbreking, gevalle neem wel toe

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Geen uitbreking van H1N1 of varkgriep word tans in Namibië ervaar nie.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste maan egter ’n toenemende styging in gevalle word tans ervaar. Uit 109 vermoedelike gevalle landswyd is 54 as H1N1/varkgriep bevestig. Die gevalle is meestal in die Otjozondjupastreek aangemeld (24 uit 37 vermoedelike gevalle), Khomas (24 uit 138 vermoedelike gevalle) en Kavango-Oos (ses uit 15 vermoedelike gevalle). Die gevalle is vanaf Julie tot op hede aangemeld.

H1N1 is ’n virale, akute ­respiratoriese infeksie en word gekenmerk deur koors, kop- en lyfseer en ander griepverwante simptome. Dit kan net deur ’n laboratorium bevestig word. H1N1 is ná die 2009-pandemie herklassifiseer as ’n seisoenale griep.

Hoërisikogroepe sluit in kinders onder vyf jaar, bejaardes ouer as 65, swanger vroue, mense wie se immuniteit swak en vatbaar is weens onder meer kanker, diabetes, TB en MIV/vigs, sowel as dié met chroniese onderliggende toestande.

In geïsoleerde gevalle het mense wat die siekte onder lede gehad het, simptome van naarheid, braking en diarree getoon. Algemene simptome sluit egter onder meer hoes, seerkeel, loopneus, rooi, waterige oë, lyf- en kopseer en moegheid in.

Mense met die infeksie kan twee dae voor die aanvang van simptome as aansteeklik beskou word tot en met 10 dae ná die aanvang van simptome.

Die ministerie moedig inwoners wat simptome het, om te rus, baie vloei­stowwe in te neem en koors met ­medikasie te behandel.

Kontak met ander moet ook beperk word om die verspreiding van die siekte te beperk. Die ministerie het ook benadruk dat dit nie ’n nuwe tipe virus is nie.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!