Geingob woon Een Oseaan-beraad by

President Hage Geingob was een van die sprekers tydens die eerste weergawe van die Een Oseaan-beraad wat in Brest, Frankryk, gehou is.

Die beraad is bedoel om die internasionale gemeenskap te mobiliseer vir die beskerming van die oseane se biodiversiteit.

Tydens sy spreekbeurt Vrydag het die president gesê Namibië se teenwoordigheid by die beraad is ’n “manifestasie van ons gedeelde verbintenis om beslissende stappe te neem om die agteruitgang van oseaangesondheid te stuit”.

Geingob het gesê in dié dekade waarin die Verenigde Nasies (VN) onder meer die herstel van die ekosisteem prioritiseer, is hy bly die internasionale gemeenskap word gemobiliseer om daadwerklik op te tree om ’n gesonde en volhoubare oseaan te bewaar en te ondersteun.

“Om dié rede ondersteun Namibië die hoëvlak-koalisie vir mariene biodiversiteit in maritieme gebiede buite nasionale jurisdiksie, wat die beskerming van mariene ekosisteme sal steun.”

Volgens die president moet die inisiatiewe wat uit hierdie beraad voortspruit, reageer op die impak van die klimaatveranderingkrisis en deur regverdige en beter oseaanbestuur die weg baan vir volhoubare visserye; die hokslaan van besoedeling en kuserosie.

Geingob sê dis belangrik om geleenthede te skep vir onderhandelinge tussen regerings om ’n sterk grondwetlike raamwerk in te stel om die doelwitte van bewaring sowel as volhoubare en regverdige gebruik van mariene biodiversiteit in gebiede buite nasionale jurisdiksie te bereik.

“In daardie trant is Namibië in die finale fase van die ontwikkeling van ’n beleidsrigting vir ’n Volhoubare Blou Ekonomie om die land se biodiversiteit, produktiwiteit en waarde van sy mariene en akwakultuur-ekostelsels te beskerm, te onderhou en te herstel.

“Namibië is ook in die proses om groen waterstof te ontwikkel as ’n manier om die impak van klimaatsverandering en die gevolge daarvan op stygende seevlakke en aardverwarming te beperk.”

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!