Ragnir Foto verskaf
Ragnir Foto verskaf

Gesin se hond glo geslag vir kapana

‘Ons het nie woorde nie’
Catherine Titus en haar gesin het die hele naweek na hul honde gesoek en Sondag het hulle een van hul honde, Venus, opgespoor, maar Ragnir was nêrens te vinde nie.
Adam Hartman
’n Gesin van Swakopmund eis geregtigheid nadat hul geliefde tweejarige rottweiler, Ragnir, die afgelope naweek na bewering gesteel, wreed met ’n byl doodgemaak en sy vleis verkoop is.

Die daad het woede in die gemeenskap ontketen, met foto’s wat op sosiale media versprei is en ’n video wat wys hoe die eienaar in trane uitbars toe sy die nuus hoor.

Hul beproewing het Saterdag begin toe Catherine Titus, Ragnir se eienaar, na haar huis in Matutura teruggekeer het om kos vir haar honde te gee. Sy het ’n gat in die heining opgemerk en besef haar twee honde is weg.

Nadat hulle naarstiglik in die buurt gesoek en rondgevra het oor die vermiste honde, het ’n huishulp haar meegedeel dat die honde in die informele nedersetting DRK gesien is. Getuies het beweer dat mans die honde weggeneem het.

Titus en haar gesin het die hele naweek na hul honde gesoek en Sondag het hulle een van die honde, Venus, opgespoor. Sy was in ’n erf vasgebind en was na bewering op die punt om verkoop te word. Hulle het haar gered, maar Ragnir was nêrens te vinde nie.

Die gesin het Maandag meer inligting ontvang. ’n Vrou van DRK het na bewering erken dat sy Ragnir vir N$200 gekoop het. Sy het beweer sy het geld nodig gehad om na die Noorde te reis en het besluit om die hond se vleis vir kapana te verkoop.

Ooggetuies het gesê die verkopers het volgehou die hond is hulle s’n en hulle het Ragnir glo voor die vrou doodgemaak en sy het na bewering foto’s daarvan geneem.

Drie verdagtes (tussen 18 en 20) is Maandag in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die mans het glo met ’n vensterskerm geloop wat tot verdere ondervraging gelei het. Toe hulle oor die hond gekonfronteer is, het hulle na bewering erken hulle was betrokke.



‘ALMAL WAS MAL OOR HOM’

“Hy was ’n pragtige, liefdevolle en beskermende gesinshond. Hy was spelerig en almal was mal oor hom, selfs ons babadogtertjie. Ons het geen woorde nie,” het Titus gesê.

Sy het bygevoeg sy kon nie verstaan hoe vreemdelinge dit kon regkry om Ragnir te vat nie, aangesien hy nie van vreemdelinge gehou het nie.



DIEREREGTE

Diereregte-aktiviste is woedend oor wat hulle sien as swak toepassing van wette wat diere beskerm.

Charne Wasserfall van die Civilian Animal Protection Unit (CAPU) het frustrasie met die owerhede uitgespreek.

“Die regstelsel misluk wanneer dit by dieremishandeling kom. Daar is nooit enige werklike aanspreeklikheid nie,” het sy gesê.

CAPU het die gemeenskap byeengeroep om borgtog vir die verdagtes teen te staan en gesê: “Die wet op dierebeskerming verbied duidelik die doodmaak van honde vir kommersiële doeleindes! Mense kan net jou hond steel, misbruik, doodmaak en dit verkoop omdat hulle ‘regte’ het. Wat van die regte van die eienaar en die hond?”

Sosialemediagebruikers het hewige kommentaar gelewer met talle wat vra vir strenger strawwe vir sulke dade.



POLISIE

Die polisie se woordvoerder in die Erongostreek, hoofinspekteur Ileni Shapumba, het die arrestasies van die verdagtes bevestig.

“Ja, ons is bewus van die saak van diefstal en ons oorweeg om dit na dieremishandeling te verander. Ons het verdagtes in aanhouding, en hulle sal môre [Woensdag] in die Swakopmund-landdroshof verskyn,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° #VALUE! #VALUE!