Ter illustrasie, foto Tanja Bause
Ter illustrasie, foto Tanja Bause

Gesoek: 2022-’23 se Toeris van die Jaar

Frank Steffen
Frank Steffen

Die publiek word steeds genooi om in te skryf vir die Toeris van die Jaar 2022-’23-kompetisie wat op 1 September afgeskop het.

Diegene wat wil deelneem, kan ’n self saamgestelde video-opname van ’n vakansie die ­afgelope twee jaar as inskrywing aan Namibia Media Holdings (NMH) stuur. Die naam “Tourismus Namibia” het lankal reeds ’n handelsmerk op sy eie geword en is ’n integrale deel van die gebeurtenis wat voorheen as die Namibië Toerisme-ekspo (NTE) bekend was. Dié ekspo sal voortaan as die Toerisme Ekspo (TE) bekend staan en sal vanjaar vanaf 3 tot 5 November plaasvind.

Net soos in November 2020 word die Toeris van die Jaar-kompetisie tot voordeel van die publiek gehou. As jy belangstel om aan die kompetisie deel te neem; wees voorbereid om nie net ’n video-opname in te stuur nie, maar ook aktief aan die res van die proses deel te neem.

Uit die inskrywings wat ontvang word, sal die 12 beste video’s in Oktober gekies word. In die aanloop tot die TE sal dié top-12 op al NMH se aanlyn platforms geplaas en bevorder word.

Slegs ekspogangers mag vir die topses stem. Hierdie ses ­finaliste sal elk onder een van die borge Gondwana Collection, Journeys Namibia, N/a’ankusê, Namibia Wildlife Resorts, O&L Leisure en Wild Waters Group ingedeel word – wat elkeen ’n finalis met ’n naweek vir twee in Januarie en Februarie 2023 sal bederf.

Daarna sal dié deelnemers ’n oorspronklike video-opname moet voorberei, waarvoor daar weer in Maart 2023 gestem sal word. Eers dan sal die finale wenner gekies word wat met prysgeld van N$10 000 sal wegstap.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!