Goewerneur betreur swak toestand van B8-pad
Die goewerneur van die Kavango-Oosstreek het sy misnoeë oor die swak toestand van die B8-pad tussen Rundu en Divundu – wat oor bykans 200 km strek – uitgespreek.
Hamunyera Hambyuka het gewaarsku dat die pad se swak toestand nie net voertuie beskadig nie, maar ook lewens in gevaar stel, veral weens die talle slaggate in die pad.
Hambyuka het vroeër vandeesweek met Network Media Hub (NMH) gepraat tydens ’n besoek aan die bedroefde familie wat onlangs drie kinders in ’n weerligvoorval naby Divundu verloor het.
“Toe ek vanoggend van Rundu af gery het na die plek waar die weerligvoorval plaasgevind het, het ek opgemerk dat daar baie slaggate is.
“Aangesien ons in Rundu woon, en as jy die slaggate toevallig sou tel, is daar baie – meer as 100 en hulle moet herstel word.”
Hy het ook gesê die manier waarop die slaggate tydelik herstel word, sal nie werk nie.
“Op ander plekke het ek gesien hoe die mense wat hierdie gate probeer herstel, sand daarin gooi. Wat my aanbetref kan die sand nie die verkeer daaroor dra nie.
“As dit dan weer reën, spoel die sand weg. Die volgende dag is die slaggat weer daar.”
Hy het verder ’n beroep op ’n gekwalifiseerde maatskappy gedoen om behoorlike herstelwerk uit te voer.
“Eerder as om mense aan te stel wat net vinnig die geld wil gryp, maar nie behoorlike werk doen nie, het ons van die Padowerheid nodig om ’n maatskappy te kry wat die pad behoorlik kan regmaak,” het hy beklemtoon.
Hy het gewaarsku dat die huidige toestand van die pad ’n ernstige gevaar vir motoriste en voetgangers inhou.
PADOWERHEID
Die uitvoerende hoof van die Padowerheid (RA), Conrad Lutombi, het by navraag bevestig dat die pad tussen Rundu en Divundu tans rehabilitasie ondergaan.
Hy het egter gesê vordering word deur verskeie faktore vertraag.
“Ons was besig om ligte rehabilitasie vanaf Rundu tot ongeveer by die 70 kilometer-merk uit te voer.
“Maar daar is ander gedeeltes wat so erg agteruitgegaan het dat ’n maklike oplossing nie sal werk nie,” het hy verduidelik.
Volgens Lutombi is die kontrakteur wat vir die werk verantwoordelik is, China Henan International Cooperation Group (CHICO). Die maatskappy moes egter sy planne laat vaar en aanpassings maak weens die erns van die padskade.
“Daardie stuk pad van 27 kilometer is so erg beskadig dat die oplossing van ligte rehabilitasie nie kon voortgaan nie.
“Ons moes oorgaan na ’n volledige rehabilitasie, wat tyd geneem het om te ontwerp en te beplan,” het Lutombi verduidelik.
Hy het bygevoeg die aanvang van die volle rehabilitasie is vertraag weens die gebrek aan geskikte padboumateriaal, wat van ver af vervoer moes word.
Die heropbou van die erg beskadigde gedeelte van 27 kilometer is nou aan die gang en sal na verwagting teen die einde van 2025 – teen ’n geraamde koste van sowat N$150 miljoen – voltooi wees.
Lutombi het egter opgemerk dat dié bedrag die koste van die steengroefontwikkeling uitsluit, wat as ’n kommersiële diens beskou word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie