Grenspos by Oranjemund heropen op 1 Maart
Die grenspos tussen Namibië en Suid-Afrika by Oranjemund waar die Oppenheimer-brug dit vir inwoners van dié mees suidelike kusdorp moontlik maak om na Alexanderbaai te reis, heropen eindelaas op 1 Maart.
Al die kleiner grensposte tussen Namibië en Suid-Afrika soos hierdie een en dié by Sendelingsdrift, Velloorsdrift en Mata Mata is tans gesluit.
Dit is vroeër gesluit omdat die nakoming van Covid-19-grensbeheermaatreëls vereis die twee lande se gesondheidsowerhede moet beamptes teenwoordig hê om reisigers se Covid-status na te gaan.
In ’n brief wat op 4 Februarie aan me. Sandra Owoses, direkteur van gesondheid in die ||Kharasstreek gestuur is, sê mnr. Ben Namgombe, uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, die plan is om die Oranjemund-grenspos op 1 Maart te heropen.
Hy sê in die brief (wat tans wyd in die sosiale media sirkuleer) sy ministerie het onlangs met die ministeries van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, en van internasionale betrekkinge en samewerking asook die Suid-Afrikaanse hoëkommissariaat en dié land se grensbeheerspan oor die kwessie vergader.
Hy wys daarop die heropening van die grenspos is om vir die inwoners en die vervoerders van goedere onbelemmerde toegang tot die dorp te gee.
Oranjemunders was onlangs van die buitewêreld afgesny toe vloedwater die Paaieowerheid genoop het om die MR118-pad wat al met die Oranjerivier langs kronkel, vir verkeer te sluit. Inwoners moes toe die grondpad deur die Sperrgebiet na Lüderitz gebruik as hulle êrens heen wou reis.
Nangombe sê ’n gesamentlike besoek aan die grenspos word vir 15 en 16 Februarie beplan, maar hy versoek die streekdirekteur om solank ’n gereedheidsbepaling te doen en reëlings te tref vir die heropening van die grenspos.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie