Grondskandaal ruk Grootfontein
‘Gepeuter’ met lys van begunstigdes
Die waarnemende uitvoerende hoof en 'n Swapo-raadslid is van die name op die lys van begunstigdes.
Kenya Kambowe - Verskeie name van Grootfontein-inwoners en amptenare van die dorpsraad is oënskynlik vervang op ’n oorspronklike lys van grondbegunstigdes wat die raad goedgekeur het. Gevolglik is ’n beroep op die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) gedoen om ondersoek in te stel.
Volgens ’n lys wat onlangs in plaaslike koerante gepubliseer is, is 23 werknemers en lede van die dorpsraadslede se aansoeke vir erwe goedgekeur.
Daar is egter glo gepeuter met die lys van beoogde begunstigdes wat die raad ’n paar maande gelede goedgekeur het, met sommige name wat verwyder is.
In die middel van hierdie skandaal staan die dorpsbeplanner, Indileni Lungameni, wat ook die waarnemende uitvoerende hoof is.
Hy is onder diegene wat as beoogde begunstigdes gelys is.
Alle openbare besware moet deur Lungameni self ondersoek word, wat aanleiding gegee het tot beskuldigings van botsende belange.
Volgens binnestanders stem die lys wat in Augustus gepubliseer is nie ooreen met die een wat in Julie deur die raad goedgekeur is nie.
Die bronne het bevraagteken hoekom die waarnemende uitvoerende hoof toegelaat het dat daar met die lys gepeuter word.
“Die lys wat na die raad geneem is vir goedkeuring nadat die komitee sy evalueringsproses voltooi het, verskil van wat in die koerant gepubliseer is,” het die bron onthul.
Diegene wat na bewering nie op die oorspronklike lys verskyn het nie, sluit in ’n Swapo-raadslid by die munisipaliteit, Lovisa Iyambo. Haar naam verskyn egter nou op die jongste gepubliseerde lys.
Daar word verder beweer Iyambo het nie aansoek gedoen vir Erf 605 in die dorp se Uitbreiding 4 nie, wat 1 000 vierkante meter groot is en teen N$114 100 aan haar verkoop is.
“Uitbreiding 4 is een van die dorp se hoërklasgebiede en dit is geen geheim dat sy werkloos is nie, so hoe het sy op die lys beland as ’n vooraf goedkeuring van enige finansiële instelling ’n vereiste vir daardie erwe was?” wou ’n amptenaar weet.
Iyambo en Lungameni se name verskyn op die lys van 23 raadspersoneellede, wat apart gepubliseer is van die name van 127 lede van die publiek wat ook om grond aansoek gedoen het.
Die dorp se eiendomsbestuurder, Arnold Ameb, is ook onder diegene wat ’n erf by die dorp se Grootfontein Proper-area van 1 449 vierkante meter kry. Hy gaan die erf teen ’n bedrag van N$165 330,90 koop.
Ons susterkoerant Namibian Sun het ook van ’n betroubre bron verneem dat die prominente prokureur Henry Shimutwikeni onder diegene was wie se naam verwyder is nadat dit aanvanklik deur die raad goedgekeur is.
‘GROOT PROBLEEM’
“Nadat die raad die lys goedgekeur het, was dit veronderstel om in die koerante gepubliseer te word soos dit is. Die vraag wat nou beantwoord moet word, is waarom daar met die lys gepeuter is voordat dit gepubliseer is.
“As raadslede nie bewus is van hierdie veranderinge nie en net op sosiale media daarvan bewus word, is daar ’n groot probleem in die plaaslike owerheid,” het die bron gesê.
Sommige raadslede het gesê hulle is ook verbaas oor wat gebeur het.
Luke Salomo, die raad se woordvoerder, het by navraag vir kommentaar gesê die munisipale raad sal eers reageer nadat die beswaartydperk op 20 Oktober verstryk het.
Pogings om kommentaar van Alfeus Nghikevali, die voorsitter van die Grootfontein-munisipaliteit, te kry, was onsuksesvol.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie