'Grondvergadering nie politieke foefie'

Voortbestaan van Rehoboth bespreek
Die aand se besprekings is deur die goewerneur van die Hardapstreek gelei wat 'n paar keer halt moes roep om gemoedere te bedaar.
Boet Matthews
Boet Matthews - Die sweer van onmin het amper oopgebars in die Hermanus Van Wyk-gedenksaal tydens ’n onlangse openbare vergadering om die pad vorentoe vir die Baster Tradisionele Owerheid op Rehoboth te bespreek.

Die aand se besprekings is deur die goewerneur van die Hardapstreek, Solomon April, gelei wat ’n paar keer halt moes roep om gemoedere te bedaar. Hy het in ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) gesê grond is vir enige tradisionele gemeenskap van kardinale belang, want dit vertel van die anker van daardie volk se bestaan en is ook nodig vir die voortbestaan van sodanige volk se tradisionele gemeenskap.

“Ons weet die geskiedenis vertel in soveel vorme hoe die Baster-gemeenskap grond bekom het, maar ook grond verloor het. Ons glo die Baster-gemeenskap het grond nodig om tradisioneel te registreer, herken te

word, en daarom is grond nou baie nodig.

“Wie ook al die geskiedenis in die verlede as klag teen die regering of individu hou, is iets wat nog miskien op ander maniere bespreek kan word. Vanaand is dit egter grond wat bespreek word.”

Lukas de Klerk het op sy beurt aan NMH gesê “die gemeenskap was nie goed verteenwoordig nie en het ook nie toestemming gegee vir die verkryging van vyf hektaar grond om as ’n tradisionele owerheid te registreer nie”.

“Die goewerneur het nie die magtiging namens die gemeenskap om aansoek te doen vir die

sogenaamde tradisionele owerheid-gesag nie,” het De Klerk gesê.



DANK UITGESPREEK

Die dorp se burgemeester, Amanda Groenewaldt, het haar dank teenoor April uitgespreek vir die inisiatief wat hy geneem het om die vergadering te belê en om belangrike kwessies op Rehoboth te bespreek.

“Hy het aan ons as dorpraadslede opdrag gegee om die vergadering te reël en dat ons ’n paar ure

voor dit vergader om drie dinge te bespreek.

“Ons sal weer ’n spesiale dorpraadsvergadering hou waar ons dit weer sal bespreek en dit dan aan die goewerneur deurgee. Hy sal dit dan vir goedkeuring aan ons minister voorlê,” het Groenewaldt verduidelik.

Sy het beklemtoon dat die vergadering nie ’n “politieke foefie” was nie.

“Ons behoort aan verskillende partye. Die vergadering was oor die voortbestaan van Rehoboth, want ek is ook ’n trotse Baster.

“Ek het klein gevoel dat iemand van buite vir ons toespreek om ons kultuur en identiteit as Basters terug te kry.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 18° | 31° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 16° | 24° Omaruru: 18° | 25° Windhoek: 18° | 24° Gobabis: 20° | 30° Henties Bay: 18° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 26° Mariental: 20° | 29° Keetmanshoop: 21° | 27° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 17° | 25° Ariamsvlei: 23° | 31° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 19° | 31° Maseru: 19° | 31° Antananarivo: 16° | 30° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 24° | 38° Windhoek: 18° | 24° Cape Town: 18° | 25° Durban: 24° | 35° Johannesburg: 19° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!