Groot Aub se waterprojek suksesvol

Sesde boorgat voltooi
Benewens die boor van boorgate, is die Windhoek-munisipaliteit ook besig om 'n hoofwaterpypleiding van 3 km vanaf die Groot Aub-reservoir na die dorp se Oshakati-nedersetting aan te lê.
STAFF REPORTER
“Ons is verheug om aan te kondig dat nog ’n boorgat op Groot Aub suksesvol geboor is.”

Só het die woordvoerder van die Windhoekse munisipaliteit, Lydia Amutenya, Vrydag gesê.

Stad Windhoek het in samewerking met die ministerie van landbou, water en grondhervorming die boorgat, Kumbee, voltooi.

Op ’n diepte van 112 meter bied Kumbee tans water teen 450m³ per uur; die sterkste vloei uit enige van die boorgate wat gedurende die projek tot dusver geboor is, het Amutenya gesê.

Dis die sesde uit agt boorgate wat deur Kurz Drilling geboor word, spesifiek om die watertoevoer na Groot Aub te verbeter, brei sy uit.

“Die missie om die vraag na water in Groot Aub te takel, duur voort, met planne om die oorblywende twee boorgate te boor.

“Die Windhoekse munisipaliteit en die ministerie van landbou, water en grondhervorming is toegewyd daartoe om volhoubare wateroplossings aan die gemeenskap van Groot Aub te voorsien,” voeg sy by.

Benewens die boor van boorgate, is die munisipaliteit ook besig om ’n hoofwaterpypleiding van 3 km vanaf die Groot Aub-reservoir na die dorp se Oshakati-nedersetting aan te lê.

Die pyplyn sal na verwagting teen die middel van Maart voltooi wees. Die inisiatief beoog om watertoevoer nader aan die inwoners van die nedersetting en die omliggende gebied te bring, volgens die munisipaliteit.

Ná die eerste van die boorgate in Januarie geboor is, het die hoofwoordvoerder van die munispaliteit, Harold Akwenye, aan Republikein gesê dat watervoorsiening al lank ’n probleem op Groot Aub is.

Nadat die bestuur van Groot Aub in 2017 aan die Windhoek-munisipaliteit oorhandig is, kon die hoofstad vasstel dat die 10 000 inwoners sowat 50 kubieke meter water per uur benodig, gebaseer op ’n normale toevoer van 100 liter per dag en met die veronderstelling dat die bestaande boorgate 20 uur per dag sal pomp, het hy uitgebrei.

Volgens Akwenye was daar toe geen watertekort nie, maar die vraag na water was reeds meer as die oorspronklike 50 kubieke meter per uur. Daar is reeds meer inwoners op Groot Aub as die 10 000 waarvoor die munisipaliteit aanvanklik voorsiening voor gemaak het, volgens Akwenye, en die druk word vererger deur die aanvraag van verskeie inwoners in die omliggende omgewing.

Stad Windhoek het in 2018 reeds vyf boorgate in Groot Aub laat boor en die beplanning vir die huidige agt boorgate het in Maart verlede jaar begin.

Die munisipaliteit het in Januarie reeds bevestig dat finansiering en die aanstelling van ’n boorkontrakteur vroeg in Desember 2023 afgehandel is. Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling is ook ’n vennoot in die projek.

“Stad Windhoek identifiseer die liggings vir die boorgate, en die landbouministerie verskaf die boortoerusting en finansies. Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het ’n begroting van N$68,476 miljoen aan Groot Aub toegeken,” het Akwenye toe gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!