ON ICE: Redforce is yet to commence with operations in Grootfontein.
ON ICE: Redforce is yet to commence with operations in Grootfontein.

Grootfontein beperk RedForce se rol

Skuldinvordering begin volgende maand
Die dorp het al twee keer die implementering van hul ooreenkoms met RedForce op ys gesit, maar dit sal op 1 Augustus in werking tree.
Kenya Kambowe
In Grootfontein is die skuldinvorderaar RedForce se bedrywighede tot volgende maand uitgestel en sal dan glo begin om skuld van besighede, organisasies en die regering in te vorder en nie dié van inwoners nie.

Die dorp se burgemeester, Talitha Garises, het gesê die raad het besluit om RedForce se bedrywighede tot volgende maand uit te stel. Sy het ook gesê die raad het ’n aantal gemeenskapsvergaderings begin hou om inwoners in te lig oor hoekom hulle hul maandelikse munisipale rekeninge moet betaal en indien nie, sal hulle die risiko loop om aan RedForce oorhandig te word.

Die munisipaliteit het op 5 April ’n kontrak met RedForce onderteken om meer as N$213 miljoen se skuld by inwoners en belanghebbendes in te vorder nadat alle ander moontlikhede glo oorweeg en uitgeput is.

RedForce sou na verwagting in Mei met bedrywighede begin, maar die plaaslike owerheid het besluit om die kontrak eers terug te hou. Dit is die tweede keer dat die ooreenkoms op ys geplaas word, maar Garises het in ’n onderhoud met Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê dat dit die laaste keer sal wees.

“RedForce begin op 1 Augustus en hulle sal begin met diegene wat ons miljoene skuld. Dis die besighede en die regering wat ons nie betaal vir dienste wat gelewer is nie,” het sy verduidelik en verseker dat die inwoners vir eers nie aan RedForce oorhandig sal word nie.

“Ons is besig met gemeenskapsvergaderings waar ons die inwoners inlig oor hoe belangrik dit is om vir die dienste te betaal wat hulle van die munisipaliteit ontvang. Ons moedig hulle ook aan om ons kantore te besoek en te betaal wat hulle kan en ook ooreenkomste aan te gaan in terme van betaling.”

INWONERS ONTEVREDE

Die inwoners het dit egter duidelik gemaak dat die ooreenkoms tussen RedForce en die plaaslike owerheid gekanselleer moet word.

In ’n klagskrif het inwoners hul kommer uitgespreek dat hul eiendomme afgevat kan word en dat RedForce hul lewens ellendig kan maak. Daar is ook bewerings dat inwoners nie oor die maatskappy se aanstelling geraadpleeg is nie.

“RedForce het die potensiaal om individue in haglike finansiële omstandighede ‘uit te buit’ en buitensporige fooie te hef vir dienste wat dikwels gratis of teen ’n baie laer koste beskikbaar is deur normale munisipale skuldinvorderingskanale,” lui die klagskrif.

“Pleks daarvan om volhoubare oplossings vir skuldprobleme aan te bied, druk die Grootfontein-munisipaliteit die gemeenskap in terugbetalingsplanne wat hul finansiële swaarkry sal verleng of selfs hul skuldlas op die lang termyn sal vererger.”

GEEN BYKOMENDE RENTE

Garises het destyds in reaksie op die klagskrif gesê slegs rekeninge wat 60 dae of langer agterstallig is, sal aan RedForce oorhandig word.

“Inwoners wat skriftelike ooreenkomste met die departement van finansies onderteken het, sal nie aan RedForce oorhandig word nie,” het sy gesê.

“Geen bykomende rente sal bygevoeg word op die uitstaande skuldrekeninge wat oorhandig word nie. Geen huise en eiendomme sal afgevat word nie en geen ontkoppeling van munisipale dienste sal op senior burgers en kwesbare gemeenskapslede ingestel word nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!