Tydens die opening van die GIPF-streekkantoor op Grootfontein. Foto verskaf
Tydens die opening van die GIPF-streekkantoor op Grootfontein. Foto verskaf

Grootfontein kry GIPF-streekkantoor

Die sowat 5 000 GIPF-lede in die Grootfontein-omgewing kan nou uitsien na ’n streekkantoor op dié dorp, wat ver­skeie dienste tot op hul voorstoep bring.

Me. Nillian Mulemi, voorsitter van die staat se pensioenfonds se raad van trustees, het Vrydag tydens die amptelike opening van die streekkantoor gesê hulle het op die nuwe kantoor besluit wat meer toeganklik vir inwoners van die Otjozondjupastreek is.

Mulemi sê die pensioenfonds het in totaal N$956,6 miljoen in die streek belê, waarvan meer as N$20 miljoen in die sonpaneeldak van die Grootfontein-inkoopsentrum, N$91 miljoen in die inkoopsentrum self asook die finansiering van 451 huislenings ter waarde van N$253,1 miljoen is.

“Net soos julle, glo ons in die potensiaal van die dorp om ’n ekonomiese middelpunt te word,” het sy bygevoeg.

Die nuwe kantoor kan help met pensioennavrae en -raad, biometriese registrasie en verifikasie, voordeel- en inkomstestate asook die indien van eisvorms en ondersteunende dokumente.

“Die kantoor sal onder die leier­skap van me. Merliza Jaars val en ons sal die span vergroot, soos die behoefte hom voordoen,” het Mulemi gesê.

Die kantoor sal ook net tydens die eerste week van elke maand tussen 08:00 en 16:30 oop wees.

Sy het bygevoeg die GIPF se lidmaatskap staan op sowat 146 000 en dat hulle trots daarop is om hul dienste nader te bring aan die 5 000 lede wat op Grootfontein en in die omgewing woon.

Sy het bygevoeg dat, ten spyte van die onsekerheid wat Covid-19 en die situasie in die ­Oekraïene in die ekonomie veroorsaak, moet die fonds vinnig by die ­heersende ­ekonomiese omstandighede aanpas.

“As gevolg van die fonds se ­robuuste beleggingstrategie, hou dit aan om goed te presteer. Ons bates staan tans op N$147,9 miljoen.”

Sy het bygevoeg dat GIPF sedert Julie verlede jaar elektroniese eise (op [email protected]) vir begrafnisse aanvaar.

Hulle is ook sedert 28 Februarie besig met uitreikprogramme in die Kunene- en Otjozondjupa­streek om hul lede in onderrigsessies te bereik, sê Mulemi.

Volgens haar het hulle hard gewerk om hul dienste te verbeter en uitbetalings te versnel. Hiervolgens neem begrafnisvoordele tussen sewe en 12 uur om uitbetaal te word, aftreevoordele tussen nege en 30 dae en sterfvoordele tussen sewe en 12 maande.

Sy het gesê lede moet seker maak hul besonderhede, soos onder meer hul volle name, identiteitsnommers, huwelikstatus, toelatingsdatum en nominasievorms is op datum by die fonds, anders kan dit tot vertragings in uitbetalings lei.

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 29° Ruacana: 21° | 28° Tsumeb: 20° | 29° Otjiwarongo: 21° | 26° Omaruru: 22° | 31° Windhoek: 21° | 26° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 23° | 30° Mariental: 25° | 30° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 24° | 32° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 23° | 29° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 26° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 21° | 26° Cape Town: 18° | 24° Durban: 21° | 29° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!