Grootfontein sal sowat N$3 m. aan Sinvula betaal
Wag vir minister se goedkeuring
Terwyl die Grootfonteinse dorpsraad besluit het om Kisco Sinvula se kontrak te beëindig, het hy opnuut geëis om toegelaat te word om met sy werk voort te gaan.
Kenya Kambowe – Die Grootfonteinse munisipaliteit wag vir goedkeuring vanaf die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling om ’n kontrak van sowat N$3 miljoen aan sy omstrede uitvoerende hoof, Kisco Sinvula, uit te betaal.
Dit volgens dokumente wat deur Namibian Sun, Republikein se susterkoerant, gesien is.
In die dokumente het die dorpsraad ’n versoek aan minister Erastus Uutoni gerig om goedkeuring te verleen dat N$2,97 miljoen aan Sinvula uitbetaal word as sy finale pakket van die plaaslike owerheid.
“Die dorpsraad het ooreengekom om die bedrag aan hom te betaal, sodra goedkeuring verkry is en die ooreenkoms onderteken is,” het die dorp se burgemeester, Thalitha Garises geskryf. Uutoni moet nog op die versoek reageer.
Dit volg nadat die dorpsraad Sinvula se kontrak op 24 Mei beëindig het as gevolg van ’n gebroke verhouding tussen die twee partye. Uit die 70 werknemers op die raad, het 50 in ’n onlangse petisie geëis dat Sinvula in die pad gesteek moet word. Hy het verlede maand weer begin werk nadat hy voor dit vir 14 maande lank geskors was.
Dit kom nadat die hoërhof beslis het dat sy ontslag deur die dorpsraad onwettig was. Ongeag die hofuitspraak ten gunste van Sinvula, het die dorpsraad besluit om sy kontrak te beëindig omdat die verhouding tussen die partye te groot skade gelei het.
NUWE DILEMMA
Terwyl die dorpsraad wag vir die minister om goedkeuring te gee om Sinvula se kontrak uit te betaal, het hy met behulp van sy prokureur Veiko Alexander op 22 Junie ’n brief aan die dorpsraad se regsverteenwoordiger Henry Shimutwikeni gerig, waarin geëis word dat Sinvula toegelaat moet word om met sy werk voort te gaan.
“My kliënt eis dat jou kliënt alle optrede teen hom laat vaar wat daartoe lei dat hy nie sy verpligtinge as die uitvoerende hoof kan nakom nie,” het Alexander geskryf.
“In die verband maak ons die punt dat ons kliënt die regmatige uitvoerende hoof is totdat daar wedersyds ingestem word dat sy indiensnemingskontrak beëindig moet word, of verval nadat genoegsame tyd verloop het – of as hy wettig in terme van die gepaste bepalings in die wet op plaaslike owerhede ontslaan word.
Shimutwikeni het egter hierop reageer deur te sê Sinvula se kontrak is beëindig en daarom kan hy nie weer met sy werksaamhede in die raad begin nie.
“Ingevolge die woordewisseling tussen jou kliënt en werknemers van die dorpsraad asook die klagskrif, is ons kliënt nie in staat om gehoor te gee aan jou kliënt [Sinvula] se eis nie. Jou kliënt word aangeraai om te wag op die uitbetaling van ’n bedrag van N$2 974 844,” het Shimutwikeni geskryf.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie