Hage hoor nie Okahandja se pleidooie
Die kantoor van die presidensie het die inwoners van Okahandja se nedersettings se versoek om ’n vergadering met president Hage Geingob te belê, van die hand gewys.
Die uitvoerende direkteur in die president se private kantoor, Moses Pakote, het skriftelik gereageer op ’n amptelike versoek om die betrokke verteenwoordigers in te lig dat die president se kantoor reeds hulle bekommernisse hanteer het.
“Die presidensie neem kennis van die versoek om met sy Eksellensie, president Hage G. Geingob, te vergader om julle griewe voor te lê. In hierdie verband het die president se kantoor klaar julle versoek afgehandel, deur dit na die lynminister van stedelike en landelike ontwikkeling, eerbare Erastus Utoni, te verwys en sou hierdie standpunt wil herhaal.
“In terme van die eerste minister se kantoor se [vorige] brief, moedig ons julle aan om haar leiding te volg en julle bekommernisse aan die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling te rig,” luidens die brief.
Dit ten spyte daarvan dat die groep inwoners van Okahandja se informele nedersetting reeds sedert verlede jaar ’n stapel briewe aan Utoni gerig het, en later aan die eerste minister se kantoor, nadat die Okahandja-dorpsraad geen antwoord of hulp kon bied nie.
Die inwoners het ook ’n optog tot by die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling se hoofkantoor in Windhoek gehou, asook tot by die eerste minister se kantoor by die parlement.
Hulle pogings om hul griewe onder die aandag van die hoogste gesag te bring, was tot dusver tevergeefs. Die griewe sluit in ’n gebrek aan toegang tot krag, water, grond en verblyfsekerheid.
Else Kehinana, wat al amper 30 jaar in die RCC Kamp op Okahandja woon, sê sy het steeds geen grond nie nadat die huis waarin sy bly destyds aan haar familie geskenk is. Die munisipaliteit het egter nog nooit op haar aansoeke om die grond te koop, gereageer nie.
Die grond is intussen vir sowat N$100 000 verkoop, en ’n lasbrief is uitgereik om die oorspronklike 30 RCC Kamp-huisgesinne van die grond te verwyder. Die gemeenskap wag tans in spanning vir die lasbrief om uitgevoer te word
Die munisipaliteit beplan om die inwoners na ’n nuwe woonbuurt by die dorp se stortingsterrein te verskuif.
“Op RCC Kamp, ons sit al lank daar – amper 30 jaar – maar ons kry nie hoop nie. Elke jaar word gesê ons moet wag, dit terwyl huise om ons gebou word. Wat dink hulle van ons? Is ons nie mense nie? Is ons bobbejane om veld toe gevat te word?” vra sy.
“Hulle speel met ons Amagoes [’n kinderspeletjie], terwyl ons die mense verkies het,” sê sy.
“Ek is Okahandja se kind – al vir 60 jaar – maar tot nou toe het ek nie ’n erf nie. Tot nou toe kry ons nie oplossings nie,” sê Kehinana.
Volgens haar is Okahandja se bestuur korrup, en woonstelle is nou volop op die dorp beskikbaar, terwyl “daar vir ons vanaf die plek geen voordeel is nie,” sê sy.
“Dit was nie altyd so nie. Okahandja is ’n groot plek met geskiedenis, maar nou is dit net ’n asdrom,” sê sy.
Sethy Gariseb, ’n gemeenskapsaktivis, sê: “Die regering reageer nie; omdat dit ons is wat die vra vrae – reageer hulle nie. Die lynminister stuur ons terug na dieselfde onbevoegde dorpsraadlede, maar hulle het nie met ons vergader nie, en die minister het ook nie teruggekom na ons toe nie.”
Hy sê as hulle laaste uitweg sal die inwoners die minister van stedelike en landelike ontwikkeling hof toe sleep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie