Handelskou vier plaaslike talent
Die Coastal Trade Fair het Dinsdag by Mondesa se veeldoelige sentrum in Swakopmund afgeskop.
Dit is die eerste keer dat dié handelskou aan die kus van Namibië aangebied word. Die skou bied ’n dinamiese vertoning van plaaslike talent en entrepreneurskap en sal tot 29 Junie duur.
“Ons is verheug om hierdie skou vir die heel eerste keer in Swakopmund aan te bied,” sê Mary Shikongo, die organiseerder van die skou.
Sy voeg by dat die geleentheid talle uitstallers van oraloor Namibië gelok het wat strek oor ’n verskeidenheid sektore. Die skou bied ’n platform vir kuns- en kunsvlytverkopers, met gratis stalletjies om hul deelname aan te moedig.
“Ons het uiteenlopende stalletjies, insluitend kos- en drankstalletjies, tradisionele lekkernye en selfs ’n kinderhoekie,” het Shikongo verduidelik.
“Belangrike deelnemers sluit in Standard Bank, Erongo Red, en plaaslike ambagsmanne van Windhoek wat hul produkte uitstal.”
GEMEENSKAP
Met die klem op gemeenskapsondersteuning het Shikongo Swakopmund-inwoners aangemoedig om die handeskou by te woon en die geleentheid se sukses te versterk.
“Die uitstallers verteenwoordig al 14 streke van Namibië. Jou ondersteuning is deurslaggewend om plaaslike talent te kweek en ekonomiese groei te bevorder,” het sy gesê in ’n poging om mense aan te moedig om die skou te ondersteun.
Shikongo het skougangers toegespreek en die belangrikheid daarvan beklemtoon om die gemeenskap te verenig en plaaslike ontwikkeling te bevorder.
“Om hierdie skou in Mondesa aan te bied, beklemtoon ons toewyding om die gemeenskap op te hef. Hierdie eerste geleentheid dien as ’n grondslag vir toekomstige geleenthede, met planne om moontlik in die komende jare na groter plekke soos die Dome uit te brei,” het sy onthul.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie