Hardap-inwoners haal raadslede oor die kole
Armoede knel terwyl politici baklei
Tydens 'n vergadering met gemeenskapslede in Aranos het inwoners voorgestel dat die parlement die wet op plaaslike owerhede moet hersien.
Jemimah Ndebele - Inwoners van die Hardapstreek wil hê die regering moet die land se kieswette wysig om dit verpligtend te maak vir diegene wat aan plaaslike owerheidsverkiesings wil deelneem om oor ’n minimum vlak van akademiese kwalifikasie te beskik.
Nog ’n voorstel is die instelling van prestasie-ooreenkomste om die werk van politieke ampsdraers op streekvlak te meet.
Hierdie voorstelle is vervat in ’n verslag wat deur die voorsitter van die Nasionale Raad, Lukas Muha, ter tafel gelê is nadat hy in Oktober 2022 die Omaheke- en Hardapstreek besoek het.
Gemeenskapslede wil ook hê maatskaplike uitdagings soos die gebrek aan drinkbare water, tienerswangerskap, grondloosheid, werkloosheid, misdaad en dwelmmisbruik moet getakel word.
Volgens die verslag was raadslede se prestasie skynbaar onder brandende kwessies wat deur gemeenskappe geopper is.
Tydens Muha se vergadering met gemeenskapslede in Aranos het inwoners voorgestel dat die parlement die wet op plaaslike owerhede moet hersien om voorsiening te maak vir minimum akademiese kwalifikasievereistes vir plaaslike owerheidsraadslede.
Die wet, wat die verkiesingsproses vir plaaslike owerhede reguleer, spesifiseer tans geen opvoedkundige voorvereistes vir kandidate nie.
GEBREK AAN KONSULTASIE
Luidens die verslag het “die gemeenskap voorgestel dat plaaslike owerheidsraadslede salarisse eerder as toelaes betaal word om korrupsie te voorkom”.
Intussen het gemeenskapslede in Gibeon aan Muha gesê hulle sal graag wil sien dat die regering prestasie-ooreenkomste vir alle streekraadslede instel.
Terwyl hulle hul griewe oor hul haglike lewensomstandighede gelug het, was gemeenskapslede ook ontstig weens die feit dat sommige raadslede nie deel van die vergadering was nie, terwyl ander raadslede daarvan beskuldig is dat hulle nie ’n behoorlike begrip van die wet op streekrade het nie.
“Daar bestaan ’n gebrek aan konsultasie tussen die plaaslike owerheidsraadslede en die gemeenskap. Die gemeenskap het gekla oor te veel vergaderings met nasionale leiers wat nooit terugvoer of resultate oplewer nie,” lui die verslag.
In Hoachanas is Muha ingelig oor die “nimmereindigende” binnegevegte tussen die voorsitter van die Hardap-streekraad, Gershon Dausab, en die streekgoewerneur, Salomon April.
Inwoners het ook gesê “hulle is nie seker wie om tussen die raadslid en goewerneur te nader oor hul bekommernisse nie”.
“Daar is ’n gebrek aan kommunikasie met hul [inwoners se] streekraadslid, wat skaars op oproepe reageer, en ook nie by die kiesafdelingskantoor gevind word nie.”
GEEN STANDAARDE
Die politieke ontleder Rui Tyitende het die voorstel ondersteun om raadslede aan streng vereistes te onderwerp.
“Ons het geen standaarde wanneer dit kom by politici wat verskeie posisies in hierdie land beklee nie,” het hy Dinsdag gesê.
Tyitende het verder aangevoer dat die afwesigheid van opvoedkundige voorvereistes vir politieke posisies kommerwekkend is, en het die behoefte aan bevoegdheid en kennis in politieke bestuur beklemtoon.
“Ons het standaarde vir skoonmakers, veiligheidswagte en alle ander vakante poste, maar nie vir poste wat dikwels letterlik uiteindelik besluit wie mag leef en wie sterf nie.
“Politieke optrede is ’n ernstige saak en al die kansvatters moet uitgehou word! Die swak gehalte van debatte en beleidskepping is tekens van ’n land vol politici wat geen idees het nie en – in ’n groot mate – intellektueel lui en bankrot is,” het hy gesê.
BEVOEGDHEID
Die leier van die Independent Patriots for Change (IPC), dr. Panduleni Itula, het hierdie sentimente beaam en bygevoeg: “Plaaslike owerhede is deel van ons wetgewende kamers aangesien hulle verordeninge [munisipale regulasies] maak wat die lewens van ons plaaslike burgers binne hul jurisdiksie raak.
“As sodanig is daar ’n behoefte vir diegene wat die mense in die omgewing wil bedien om die bevoegdheid te hê om vertroud te wees met die relevante statutêre bepalings wat hul pligte en verantwoordelikhede reguleer.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie