Help4Nam bring hoop dié Kersfees

Kristien Kruger
"Hierdie tyd van die jaar beteken dit soveel meer om glimlaggies op kinders se gesigte te sit en dit vir hulle spesiaal te maak."

Só vertel een van die onbaatsugtige vroue betrokke by die liefdadigheidsorganisasie Help4Nam, Charlotte Sitler, oor hul jaarlikse Kersfeesprojekte wat vanjaar ’n besonderse sukses was.

Dit is die derde opeenvolgende jaar dat Help4Nam die kindertjies in die Katutura-staatshospitaal oor Kerstyd besoek en met geskenkpakkies bederf.

"Dit maak ’n mens skoon emosioneel om die opgewondenheid te sien en hoe haastig hulle is om hul pakkies oop te maak,” vertel Charlotte oor vanjaar se besoek aan die hospitaal.

In die verlede kon Help4Nam met die hulp van skenkings sowat 100 kinders in die hospitaal help. Vanjaar het hulle egter meer ondersteuning ontvang, wat hulle in staat gestel het om 200 kinders deur hul projek by te staan.



Reusesukses

Hulle het dus besluit om vanjaar nie net die kinders te help wat oor die feestyd in die hospitaal opgeneem is nie, maar ook kinders wat buitepasiënte is en gereeld die hospitaal moet besoek vir opvolgafsprake of om medikasie te kry.

“Hierdie tyd van die jaar is almal vrolik en op vakansie. Dit is ’n tyd van liefde en ’n tyd vir gee. Dis ’n tyd van blydskap en hierdie kinders moet dit in die hospitaal deurbring.

“Ons wil graag ’n glimlag op hul gesigte sit en vir hul weer laat voel dat hulle kosbaar en spesiaal is en daar mense is wat vir hulle omgee,” vertel een van die Help4Nam-spanlede, Celeste Allies.

Die Help4Nam-span het die hospitaal op 10 en 15 Desember besoek en die kinders daar bederf met pakkies wat onder meer toiletware, ’n inkleurboek en lekkernye bevat het.

"Dit was ’n reusesukses te danke aan skenkers en vrywilligers vanuit ons gemeenskap wat ons met hierdie projekte gehelp het,” vertel Celeste.



Ander projekte

Buiten vir hul besoeke aan die hospitaal het Help4Nam ook kinders op Groot Aub en Rehoboth gehelp deur maaltye te voorsien.

Die span het op 5 Desember op Groot Aub en die volgende dag op Rehoboth ’n “cook-out” gehou.

Die geleentheid in Rehoboth was in samewerking met Mamma Margaret Soup Kitchen gehou en op dié dorp is meer as 200 kinders van ’n maaltyd voorsien.

Charlotte vertel dat sy vir 43 jaar as ’n onderwyseres gewerk het en bevoorreg was om ’n verskil in kinders se lewens te kon maak.

“Ek is baie dankbaar en geseënd dat ek dit steeds kan doen en terug kan gee aan ons gemeenskap. Ek sal graag ’n voorbeeld wil wees en almal aanmoedig om ’n lewe van bydrae en diens te leef.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!