Henties Spar se deure weer oop ná brand
Gemeenskapslede het Woensdag opgewonde saamgedrom by die opening van ‘n splinternuwe Spar-winkelsentrum op Hentiesbaai.
Henties se vorige Spar is in 'n brand op 26 Maart 2022 in puin gelê.
By die openingsgeleentheid het die winkelpersoneel ‘n spesiale liedjie uitgevoer voordat die eienaars, Johan en Daleen Agenbag, die lint geknip en opgewonde kopers by die splinternuwe winkel verwelkom het.
Die egpaar se seun, Karel, het namens die gesin gesê dit is ‘n groot voorreg om weer die besigheid se deure te kan oopmaak.
“Die hele gemeenskap het die Hentiesbaai Spar gemis. Ons is verheug om uiteindelik die brand en die verwoesting wat dit gebring het, agter ons te kan plaas. Om uit die as te verrys en om nou hierdie pragtige winkel te hê, is ‘n prestasie en ‘n trotse oomblik vir ons almal.”
Karel het bygevoeg dit het baie harde werk geverg.
“Alles het egter bymekaargekom en hier maak ons vandag ons winkel oop. Die versekering het ons baie gehelp en dit het ‘n aansienlike bedrag gekos om dit alles te laat doen.”
Die nuwe Hentiesbaai Spar is ook heelwat groter wat vloerspasie betref. “Ons het bykomende spasie op ons erf gebruik om die vloeroppervlakte van die winkel uit te brei. Ons sal beslis almal kan inpas wat in Desember op pad is.”
Die winkel ondersteun ook verskeie plaaslike entrepreneurs deur plek vir hul produkte op sy rakke te maak.
Die onderneming het 65 personeellede in diens.
“Ons sal ook sommige jongmense wat die skool verlaat het in diens neem en in staat stel om sakgeld vir Desember te verdien,” het Agenbag gesê.
Die burgemeester van Hentiesbaai, Lewies Vermaak, het die heropening van die winkel heelhartig verwelkom.
“Ek is verheug. Die ander winkels het goed gevaar in die afwesigheid van Hentiesbaai se Spar. Ons gaan veel meer besoekers in die Desembervakansie ontvang. Hierdie fantastiese en ruim winkel stel Hentiesbaai in staat om uitstaande dienste vir vakansiegangers en die mense van die dorp te lewer.”
Vermaak het gesê wat die Agenbag-gesin in so ‘n kort tydjie vermag het sedert die winkel afgebrand het, is werklik merkwaardig.
“Ek kan net dankie sê vir hierdie fenomenale gesin wat regtig baie vir ons dorp beteken en doen. Hulle het aangehou om hul werkers te betaal ten spyte van die swaarkry wat hulle in die gesig gestaar het en daarvoor haal ek my hoed af vir hulle. Hulle is waarlik geseënd.”
Een van die eerste klante in die winkel het gesê sy is bly om teenwoordig te wees by die heropening van die Hentiesbaai Spar.
“Dis ‘n groot winkel met baie veranderinge, ‘n groot verskeidenheid produkte wat aangebied word en baie bekostigbare pryse. Dis gerieflik en ek is ‘n tevrede kliënt.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie