Hentiesbaai het gegons
Tanja Bause
Die Hentiesfees, wat voorheen as die Visfees en Hengelfees bekend was, is die naweek gehou en die dorp was stampvol mense wat nie net die vermaakprogram nie, maar ook die 50 stalletjies geniet het.
Volgens mnr. Johann Agenbag was die fees ’n reusesukses.
“Ons kan nie kla nie, veral wanneer jy in gedagte hou dat die Outjo Wildsfees, Ongwediva Handelskou en Heldedagvieringe ook oor dieselfde naweek plaasgevind het,” het hy gesê.
Die fees is vanjaar weer aangebied nadat dit weens die Covid-19-pandemie vir twee jaar nie kon plaasvind nie.
“Al die kosstalletjies was uitverkoop. Die atmosfeer was baie lekker en hier was geen probleme nie, net gelukkige feesgangers.”
Breggie Ferreira van Walvisbaai het met haar kabeljou van 10.46 kilogram die prys vir die grootste eetbare vis by die Hentiesfees hengelkompetisie gevang. Sy stap weg met ’n kontantprys van N$20 000.
“Breggie is ’n ywerige hengelaar wat reeds om 07:15 die foto van die wenvis op die WhatsApp-groep geplaas het. Hulle was baie vroeg uit die vere en by die viswaters,” het Agenbag gesê.
Die jaarlikse fees is die grootste en belangrikste jaarlikse byeenkoms vir die klein kusdorpie en lok mense van nie net oraloor Namibië nie, maar ook van Suid-Afrika.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie