Híér is die wêreld op sy kop gedraai
Meer as 2 ton se fondasie
Die onderstebo-huis is die 21ste van sy soort ter wêreld.
In ’n eerste vir Namibië het ’n onderstebo-huis op die EdenBerry Strawberry Farm die land se jongste toeriste-aantreklikheid geword.
Die huis, wat eers onlangs amptelik geopen is, spog met allerlei meubels en selfs kleiner items soos haarkrullers en grimering, wat onderstebo hang. Dit is juis al hierdie huishoudelike items wat ’n bietjie met ’n mens se brein smokkel.
Ons het onlangs die geleentheid gehad om na die plaas Naruchas – waar EdenBerry geleë is– te reis. Dit is sowat 60 km buite Windhoek in ’n suidelike rigting geleë.
Volgens die eienaar, Richard van Wyk, is hierdie huis die 21ste van sy soort ter wêreld.
“Ons het die bouwerk ongeveer vier maande gelede begin. Ons [hy en sy vrou, Desery] het besluit ons moet ’n bietjie uit die boks dink, en nie net ’n aarbeiplaas wees nie. Ons wou ’n bietjie van die wêreld na Namibië bring. Net soos jy nie na Suid-Afrika hoef te reis om aarbeie te pluk nie, so hoef jy ook nie na Europa of elders heen te gaan om ’n onderstebo-huis te sien nie!”
Op die vraag of hulle planne by die munisipaliteit moes indien vir die huis, lag hy en sê dat hulle dit waarskynlik nie sou goedkeur nie.
“Maar gelukkig is dit nie munisipale grond nie, so dit was nie nodig nie.”
Natuurlik kan dié soort huis nie op tradisionele wyse gebou word nie. “Ons het so twee jaar gelede aan die konsep begin dink en Ricardo Michaels Argitekte genader om dit vir ons op papier te sit. Die tekenaar was Devon Kloppers, en hy moes behoorlik plan maak. Die ouens in die kantoor het gereeld vir hom gevra: ‘Wat gaan aan?’ want dan sit hy kop onderstebo met die tekening. So, dit het vir baie opwinding in hulle kantoor gesorg. Ná twee jaar het ons besluit om voluit met die projek voort te gaan. Met die planne wat toe gereed was, het ons in April die fondasie begin grawe.”
Hy vertel dat daar om en by 2,5 ton staal in die fondasie is. Die ingenieurs was Burmeister en Vennote onder leiding van Morne Izaks. “So, dit was ’n hele professionele span wat betrokke was by die bou van die huis, en dit was ’n eerste vir hulle ook.”
Die struktuur is van staal gemaak met verskillende diktes en volgens spesifikasie.
“Hulle moes ook die wind in ag neem, so hulle het na die plaas gekom om windtoetse te doen sodat die huis nie omwaai nie.”
LM Steel was verantwoordelik vir die staalwerk asook die sweiswerk, wat om en by twee maande geneem het. Die “mure” is eintlik vrieskaspanele, omdat hulle van soveel moontlik gewig ontslae moes raak. CG Aluminium het vir die vensters gesorg, vertel Richard.
En siedaar – vier maande later is die huis gereed vir besoekers.
Maar die plaas bied meer as net die huis; mense kan ook hier kom aarbeie pluk en piekniek hou.
Richard sê die plot het aanvanklik aan sy pa behoort, wat dit vyf jaar gelede gekoop het.
“Ons het aanvanklik ’n gewone huis gebou en begin groente plant. Maar ongelukkig het ons nie teruggekry wat ons ingeploeg het nie. So, toe besluit ons om op een produk te fokus en ons het op aarbeie besluit.
“Ek glo as jy baie tyd saam met jou familie deurbring, is jou lewenskwaliteit beter. Kinders het ook baie tyd saam met hulle ouers nodig om sukses in die lewe te behaal. Dis jammer dat dit nie vir almal beskore is nie. Ons bestee regtig baie tyd as gesin saam en ek sien dit met die mense wat hier kom; hulle kom met hulle kinders en hulle kan lekker saam as gesin kuier.”
In die onderstebo-huis, kan besoekers aan enigiets binne hul bereik raak, insluitend meubels op die plafon, om die vreemdste foto’s te neem.
Tot tien mense kan op ’n slag binne die huis wees en hulle kan tot ’n halfuur binne kuier. Vir die res van die dag, kan hulle buite in die opelug die dag geniet.
Volwassenes en kinders van alle ouderdomme kan die huis by EdenBerry besoek wat elke dag tussen 09:00 en 14:00 oop is. Besprekings is egter noodsaaklik. Toegang is N$100 per persoon.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie